Dr. Hannelie Groenewald se hele gesin is in 2015 uitgewis tydens ’n aanval in Afganistan waar die gesin sendelinge was. Hannelie se voormalige man, Werner en hulle twee tienerkinders, Jean-Pierre (17) en Rode (15) is tydens die aanval doodgeskiet. Sy moes self haar geliefdes se stukkende liggame balsem … daardie donker hoofstuk lê egter nou agter Hannelie en die Here het waarlik haar “rouklere uitgetrek” en dit met “feesklere” vervang, want sy is onlangs met Hannes Laubscher getroud. JUIG! het met haar gesels oor haar nuwe begin.
Lees die volledige artikel in die November 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.
Category: November 2019 Issue
Elza en Ellenore
Dr. Elza Meyer is die stigter van Turn2God Bedieninge, NG Kerk-predikant, ’n outeur en baie gewilde spreker by konferensies. Haar sterk profetiese bediening het al baie vroue se verhouding met die Here tydens die Ester-konferensies verdiep. In Oktobrt berlede jaar het sy en haar man, Thys, vir sy werk na Saoedi-Arabië verhuis. Ons wou meer uitvind oor hierdie nuwe seisoen in haar lewe.
Lees die volledige artikel in die November 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.
Aktivisme vir die klimaat
n Tiener van Swede het onlangs by die Verenigde Nasies se COP24 klimaats-konferensie aggressief gal gebraak teen wêreldleiers. “Julle laat ons in die steek … Dit is verkeerd. Ek behoort nie hier te wees nie,” het die 16-jarige Greta Thunberg vuur gespoeg. “Ek behoort in die skool te wees aan die oorkant van die oseaan. Tog het julle hoop by ons jongmense kom soek. Hoe durf julle? Julle het my drome en my kinderjare met julle leë woorde gesteel.”
Lees die volledige artikel in die November 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.
3 Groot verwikkelinge wat aanleiding kan gee tot n Wereldwye oorlog
Ons sien tans groot verwikkelinge in die wêreld wat groot veranderinge kan veroorsaak. Ons staan op die randjie van oorlog en tog het die meeste mense absoluut geen idee van wat aangaan nie. As jy trouens vir die meeste mense ’n leë wêreldkaart wys, sal hulle waarskynlik nie Iran, Hongkong of Noord-Korea kon uitwys nie. Daar is deesdae soveel traak-my-nie-agtigheid in ons samelewing en so min kennis oor buitelandse sake. Die meeste mense begryp eenvoudig nie hoe belangrik die drama is wat voor ons oë afspeel nie. As ’n groot oorlog uitbreek, sal niemand se lewe ooit weer dieselfde wees nie. Ek glo dat ons ’n absoluut kritieke punt in ons geskiedenis bereik het.
Lees die volledige artikel in die November 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.