God omskep ’n struikelblok in ’n verhoog

In ’n tyd waarin dit maklik is vir mense om magteloos te voel oor alles waaroor hulle geen beheer het nie, is dit miskien goed om herinner te word aan Nick Vujicic. Iemand wat magteloos is om enigsins iets te verander aan die feit dat hy sonder arms en bene gebore is, maar wat daardie struikelblok oorkom het en vandag ’n suksesvolle loopbaan en ’n liefdevolle gesin van sy eie het – iets wat hy as jongman getwyfel het vir hom beskore was. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Die Meesteringenieur het geweet wat Hy doen!

Die dokumentêre rolprent, My Octopus Teacher, se verhaal oor ’n man se unieke verhouding met ’n seekat, het die wêreld aangegryp. Die seekat lig vir Craig (en die kyker) die sluier oor haar wêreld en laat ’n mens verstom oor hoe wonderlik intelligent die eienaardige agtpotige dier is. 

Vind in hierdie artikel allerhande interessante feite oor die seekat en die wonders van God se skepping uit.

“Miskien moet jy die diere vra om jou te leer, die voëls daarbo om jou te vertel, of praat met die aarde dat dit jou leer en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê. Wie van hulle weet nie almal dat die hand van die Here alles gemaak het nie?” – Job 12:7-10

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Bring die kommando terug!

Rassespanning vier weer hoogty ná die onlangse moord op nog ’n boer. Nie net die boere nie, maar talle landsburgers voel genoeg is genoeg! Ons wil graag bou aan ons nasie, maar die land is weer eens op ’n mespunt met linkse en regse partye wat mense aanhits om die reg in eie hande te neem. 

JUIG! het met eerw. Meshoe van die ACDP gepraat na die party se onlangse versoeke in die parlement dat plaasmoorde as haatmisdade verklaar moet word en dat kommando’s weer ingestel moet word. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Vyf elemente van die Bybelse seën

In ’n wêreld vol onsekerhede, het ons Bybelse ankers nodig om aan vas te hou. Een so ’n anker is Bybelse seëninge. Hulle is baie belangrik in ons kinders se lewens. Ongeag hoe oud jy is, daar is niks beter as ’n ouer se seën nie. Mans behoort ook hulle vrouens te seën en vroue hul mans. Vriendskappe word dieper en sterker wanneer mense mekaar seën. In ’n kerkfamilie kan seën genesing en hoop bring vir ons broers en susters in Christus wat dalk onder veroordeling en met pyn lewe. 

’n Bybelse seën bestaan uit vyf elemente: Betekenisvolle aanraking; ’n gesproke boodskap; waardering vir die persoon wat geseën word; die visualisering van ’n besondere toekoms en ’n aktiewe verbintenis tot die vervulling van die seën.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.