Pret, kompetisie en ’n heilsame boodskap

Wie het nie in hierdie tye nodig om ’n bietjie te ontspan en pret te hê nie? In hierdie uitgawe gesels ons met die drie Fourie-broers van die Broer Toer wat tans op KykNET te sien is. Die drie avontuurlustige broers het onlangs 2 500 km per motorfiets afgelê. 

Hulle moedig ons aan om saam pret te hê en herinneringe te gaan maak. Lees gerus meer oor die Broer Toer en wat dit alles behels; laat dit jou inspireer vir die komende Desember-vakansie!

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Is daar lewe op ander planete?

Baie mense sukkel met die idee dat die aarde die enigste bewoonde planeet in hierdie enorme heelal is. Dié wat glo dat lewe op aarde volgens evolusie ontwikkel het, beskou dit gewoonlik as ’n feit dat lewe ook op talle ander planete ontwikkel het. Om die lewe op ander planete te ontdek, sal hulle evolusionêre oortuiging bevestig. 

Selfs baie Christene dink: “God moes ook lewe elders geskep het, anders sou hierdie enorme heelal ’n mors van ruimte wees.” Wat sê die Bybel oor hierdie onderwerp?

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Vind jou vastigheid in God

“Ek het my geloof verloor.” Skielik is sulke tipe uitdrukkings nie meer so vreemd nie. Die pandemie lê mense se halfgebakte idees oor God bloot. Hulle verwar die lewende God met hulle eie idees oor Hom. 

Stephan Joubert moedig ons aan om ons troos, ons vastigheid, ons sekerheid en ons geloof in God self vind, nie in ons eie idees oor Sy planne vir ons lewe nie.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


’n Koersverandering

Een van ons lesers, dr. Henrietta Klaasing, lug haar mening oor die transformasie van die NG Kerk se teologiese fakulteite aan die hand van twee briewe wat sy van teologiestudente ontvang het. “Soos dit by die teologiese fakulteite gaan, so sal dit in die res van die kerk ook gaan, daarom is dit belangrik om die aard en doel van teologiese opleiding te herstel,” skryf sy. 

Sy bespreek wat op die teologiese fakulteite se webwerwe staan en verskaf ’n opsomming van die twee studente se getuienisse waarin hulle haar kommer deel. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer hieroor te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!