Kom jou omstandighede te bowe

Daar is talle mense wat ná die pandemie hulle werk verloor het en wanhopig voel. Hierdie artikel bied ’n paar wenke oor hoe om jou omstandighede te bowe te kom terwyl jy werk soek en wag dat jou situasie verander.

Werk is ’n Bybelse beginsel, dit is nie God se begeerte dat jy sonder werk moet wees nie.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Wanneer ’n pastoor self die siekte trotseer

As ’n leier was koning Dawid ’n man na God se hart, maar dit beteken nie dat hy nie reuse moes verslaan nie. Hy het teen talle gevaarlike vyande te staan gekom en het geweet hoe dit voel om deur die dal van doodskaduwee te gaan.

Kankerpasiënte voel soms dieselfde as koning Dawid wanneer hulle deur die storm gaan. Aangesien pastore en ander geestelike leiers hulleself kan beskou as dié wat bedien, is hulle dikwels minder gemaklik daarmee om die een te wees wat bedien moet word.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Ek lewe voluit met tipe 1-diabetes

Medici is nog nie 100% seker wat tipe 1-diabetes veroorsaak nie, maar dit het beslís niks te doen met te veel soetgoed eet nie. Faktore soos genetika en virale infeksies is al met dié siekte verbind.

Navorsers het ook bevind dat ’n ernstige traumatiese gebeurtenis in die eerste 14 jaar van ’n kind se lewe die risiko van tipe 1-diabetes verhoog. Dít is vermoedelik wat met Jean Visser gebeur het.

Die tiener is ’n bewys daarvan dat iemand met tipe 1-diabetes steeds ’n vol lewe kan leef.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


’n Godvresende pa en anker vir sy gesin

Ouerskap word nie vergesel met ’n handleiding nie en boonop het menige pa self nie ’n goeie voorbeeld gehad om te volg nie. Dus voel ’n pa soms hy slaan die bal mis. Ons het met ds. Willem Badenhorst gesels oor hoe pa’s ’n goeie verhouding met hulle kinders – veral hulle seuns – kan bou.

Ds. Badenhorst is die geestelike leier van Moreleta Kerk en al het hy onder meer ’n meestersgraad in huweliks- en gesinsterapie, is dít wat hom bowenal kwalifiseer om hieroor te gesels dat hy en sy vrou, Marisa, ’n hegte verhouding het met hulle drie volwasse kinders wat die Here ook voluit dien.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!