Voel gesinne met spesialebehoefte-kinders welkom in jou kerk?

Die spesialebehoefte-gemeenskap is waarskynlik een van die mees onbereikte gemeenskappe in ons midde. Hoekom sê ek so? Daar word beraam dat ongeveer 90% van spesialebehoefte-gesinne nie kerk bywoon nie. Die redes verskil: Vir sommige is dit te moeilik om daar uit te kom, vir ander is dit omdat die kerk nie hul kinders akkommodeer nie, party is deur kommentaar van hulle mede-Christene seergemaak, sommige ervaar druk om voortdurend gebed vir genesing te ontvang en soms is daar lering oor vloeke en siekte en gestremdhede wat sulke gesinne vervreem.

Dit is hartseer om te dink dat dié wat die grootste behoefte aan God se vertroostende liefde en die sorg van sy liggaam nodig het, juis so onwelkom kan voel.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Kloning en die heiligheid van lewe

Op die gebied van wetenskaplike ondersoek is kloning ’n fassinerende asook moreel komplekse onderwerp. Kloning behels in wese om ’n geneties identiese kopie van ’n organisme te skep. Daar is twee primêre tipes kloning: reproduktiewe kloning en terapeutiese kloning.

Die vermoë om organismes – hetsy mens of dier – te reproduseer, laat diepgaande etiese vrae ontstaan. Terwyl ons as Christene oor die vraag oor kloning besin, moet ons na antwoorde soek terwyl ons gewortel bly in die beginsels van ons geloof. Hoewel die Bybel nie spesifiek die onderwerp van menslike kloning hanteer nie, is daar beginsels in die Skrif wat steeds lig op die konsep kan werp.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


‘n Nuwe Midde-Ooste. Netanyahu maak geskiedenis by die VN!

In ’n geskiedkundige oomblik wat die wêreld geboei het, het Israel se premier, Benjamin Netanyahu, onlangs ’n profetiese toespraak by die 78ste sitting van die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering gelewer. In hierdie verstommende toespraak is die belangrike betekenis van onlangse geopolitieke ontwikkelings onthul.

Dit het geen twyfel gelaat dat ons die vervulling van antieke Bybelse profesieë sien gebeur nie. Hierdie toespraak het skaars ’n week voor die wrede en afgryslike aanvalle plaasgevind wat Hamas in Israel uitgevoer het. Die aanvalle het verder bygedra tot die vervulling van Bybelse profesieë. Een ding is seker, Jesus kom binnekort!

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Louis en Hettie Brittz – ’n Lieflike duet van lewe, liefde en familiewees

Louis en Hettie Brittz, wat sedert 2017 in Tennessee woon, gaan binnekort oupa en ouma word! Ons het met die twee in Amerika gesels oor hulle wel en weë. Louis deel onder meer sy diep insigte oor aanbidding en die roeping om ’n gemeente in intieme oomblikke te begelei, terwyl Hettie hart oopmaak oor ouerskap, tweede kanse en hulle lewe oorsee.

Oor Christene se grootste uitdaging slaan sy die spyker op die kop: “Die Amerikaanse droom is besig om te verkrummel en miskien is daar ’n Suid-Afrikaanse droom wat ook besig is om te verkrummel,” sê Hettie. “Dit is die verlies van ons aardse koninkryk wat die moeilikste is. Die antwoord is om ons fokus van die hier en nou na die ewige Koninkryk te verskuif.”

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!