Erika Kirk: Weduwee en kryger wat wandel in haar roeping

Op 10 September 2025 is Charlie Kirk – eggenoot, vader en uitgesproke Christelike leier – vermoor terwyl hy met studente op ’n universiteitskampus gepraat het. Die nuus het die wêreld geruk en skokgolwe deur die Kerk gestuur. Vir baie het dit ’n beslissende oomblik geword oor die prys om Christus te volg. Vir Erika Kirk was dit die verlies van haar man, die vader van haar kinders en die een met wie sy haar lewe en bediening gedeel het …

 

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.


Wegrapingsprofesieë onder die vergrootglas

Hierdie artikel word geskryf in reaksie op die voorspellings van baie kerkleiers dat ’n wegraping op 23 of 24 September 2025 sou plaasvind. Nou dat hierdie profesieë wéér nie bewaarheid is nie, hoe behoort ons as gelowiges te reageer? Sommiges buite die Kerk spot en sê Christene is mislei. Gelowiges self kan verward of teleurgesteld wees. Daar is twee moontlike reaksies …

 

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.


Jesus klop aan die deur, sal jy oopmaak?

Diegene wat in hulle harte sê: “Daar is geen God nie,” is eintlik dié wat uiterlik bely dat hulle in God glo, maar deur hulle lewens en harte verklaar dat hulle nie glo nie. Baie mense bely God met hulle monde, maar hulle lewens wys dat hulle Hom nie werklik vertrou nie. Hulle leef asof God nie bestaan nie, al sê hulle anders. As ons werklik glo wat ons bely, hoe anders sou ons lewe nie wees nie …

 

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.


Dewald Brevis: “Krieket is God se plan A vir my lewe”

Dewald Brevis is een van die mees belowendste jong krieketspelers in die wêreld. Hy is jonk, energiek en vol talent, maar vir hom is krieket nie net ’n spel of ’n beroep nie. Agter die blink ligte en groot stadions lê ’n pad van opofferings, eensame oomblikke en ’n reis van geloof. As jong seun moes hy gou leer dat die prys van sukses beteken dat jy jou gemak moet agterlaat, en vinniger grootword as ander. In die wêreld van professionele sport is druk onvermydelik. Tog het hy vroeg al besef dat sy identiteit nie in lopies of prestasie lê nie, maar in sy verhouding met die Here. Krieket is ’n geskenk, ’n manier om God te verheerlik, maar dit definieer hom nie …

 

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.