Van die wetenskapklaskamer tot die vermaaklikheidsbedryf word ons jeug voortdurend ’n dieet van sekularisme en ewolusionêre propaganda gevoer. Die narratief kom so algemeen in ons kultuur voor dat dit in wese deur ’n muur van politiese korrektheid verskans word wat beredeneerde debat onder die dekmantel van ‘verdraagsaamheid’ onderdruk. ’n Robuuste Christelike geloof behoort egter antwoorde op uitdagende vrae te kan verskaf wat uit mededingende wêreldbeskouings spruit. Ons moet die verantwoordelikheid as die ouer geslag ernstig opneem om die kennis van God aan die jonger geslag oor te dra.
Rus ons die jeug toe?
Dit is ‘n vraag wat ons almal onsself moet afvra, veral as ouers en jeugleiers. Stuur ons hulle dalk onvoorbereid uit? Ons durf nie van ongemaklike vrae wegskram nie. Trouens, ‘n robuuste Christelike geloof moet antwoorde op mededingende wêreldbeskouings se moeilike vrae kan verskaf.
Ons moet die apologetiese mandaat in verse soos 1 Petrus 3:15 ernstig opneem. Die Bybel is ook net so duidelik oor die ver-antwoordelikheid van die ouer geslag om die kennis van God aan die jonger geslag oor te dra (Deut 6:6-7, Ps 78: 3-6).
Sedelike verval
Toe Josua die Beloofde Land binnegegaan het, is hy aangesê om seker te maak dat die Boek van die Wet die rigsnoer is van alles wat hy sê, om dit te oordink, en om alles uit te voer en te gehoorsaam wat daarin geskryf staan. Dan sal hy sukses behaal in alles wat hy doen (Josua 1:8). Tog is dit tra-gies dat ons teen die tyd dat ons by die boek Rigters uitkom, en Joshua en sy generasie dood is, lees: “Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie.” Rigters 2:10.
Hierdie mislukking om die kennis van God aan die jonger geslag oor te dra, het gelei tot die sedelike verval wat ons in Rigters aantref waar “elkeen gedoen het wat reg is in sy eie oë.” Rigters 17:6. Dit stem ooreen met die hedendaagse situasie waar die mens se mening die gesag van die Skrif vervang. Ons sien die stryd om harte en denke wat op vele fronte geveg word; in die klaskamer, in die media, en in die howe. Ons wend al ons hulpbronne aan om die uitwerking van sekularisme te beveg, maar ons sien dikwels min vrug op ons arbeid. Hoekom is dit so? Omdat dit slegs aandag aan die simptome van die probleem gee en nie die oorsaak nie.
Die ware stryd lê elders! Daar is ‘n hewige aanval op die gesag van die Woord van God. As ons toelaat dat die gesag op een gebied opsy geskuif word, sal dit die Christelike geloof se fondament ondergrawe. Ons moet dit besef in ons strewe om ons jeug toe te rus en op te lei sodat hulle standvastig kan wees â��â��in hierdie kultuur.
Lees die res van die artikel in die Oktober-uitgawe van JUIG! (2016)
Category: October 2016 Issue
Liberale Denke: Waar Staan Ons?
Ons word in hierdie 21ste eeu oorspoel deur liberale denke wat toenemend as die norm voorgehou word. Kwessies soos aborsie, alternatiewe seksuele oriëntasies, ewolusie, ens. word toenemend as algemeen aanvaarbaar voorgestel. Die samelewing word al hoe meer sekulêr-liberaal, met humanisme as die standaard. Die Bybel word net as ’n voorstel en mening beskou en word ondergeskik aan menseregte gestel.
Liberalisme klink goed, maar is verwronge
Die toonaangewende Human Rights Associ-ation of America se leuse spel dit uit: “Good without God.” Duidelik is dit anti-Christelik, oftewel in opposisie teen God en Christenskap. Liberale denke is die dryfveer agter sekulêre humanisme. David Boaz het geskryf: “Libertarianism is the view that each person has the right to live his life in any way he chooses so long as he respects the equal rights of others.” Dit klink ‘goed’, maar wat dit impliseer, is dat die mensdom sy eie god is. Hierdie ‘vryheid’ is mensgesentreerd, terwyl God se vryheid Jesus Christus gesentreer is.
Die vrug van ’n vervalle samelewing
Paradoksaal van ons tyd is hoe liberaler mense word, hoe meer ingehok voel hulle, en dring hulle spoedig aan op groter vryheid (rebellie). Soos enige pornografie-verslaafde en dagga-verslaafde onder andere kan getuig, behels meer vryheid groter gebondenheid.
Die vryheid wat die wêreld bied, is ’n leuen. Tog bepaal dít die aanvaarbare norme in die samelewing. As ons as Christene dit bevraag-teken, word ons summier uitgekryt as ‘haters’ en ‘diskrimineerders’. Politieke korrektheid word met gietyster-regsinnigheid uitgevoer en alle weerstand word met mag en mening uit die pad gevee. Dít is die vrug van ’n vervalle samelewing. Hoe is dit byvoorbeeld moontlik dat kinders op skool soos matrose mag vloek en niemand gee om nie, maar as daar gebid word, is daar ’n groot teenreaksie?
Lees die res van die artikel in die Oktober-uitgawe van JUIG! (2016)
Angus Buchan: Stry Die Goeie Stryd Van Die Geloof
Die tye waarvan daar in 2 Timoteus 3 gepraat word, is inderdaad op ons! “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees…sonder liefde vir die goeie…so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof…” (2 Tim 3:1-9).
Soos die meeste van ons lesers teen dié tyd weet, het die gay-regte-beweging in Skotland en Ierland onlangs ’n veldtog van stapel gestuur teen een van die wêreld se geliefdste en mees gerespekteerde geestelike vaders in Christen-kringe. JUIG! wil graag hiermee sy steun aan Angus Buchan uitspreek en publiseer ook ander leiers se mening en hulle steun aan Angus en die Bybelse waarheid waarvoor hy liefdevol, maar onwrikbaar standpunt inneem.
Arno van Niekerk
Dit is diep teleur-
stellend om te sien hoe daar versoek kan word dat iemand met die integriteit en getuienis van Angus Buchan op grond van sy Bybelse oortuigings verbied word om ’n visum te kry om Skotland te besoek. Ek het hom al verskeie kere in die openbaar hoor sê dat hy homoseksuele mense liefhet, hoewel hy dit kwalifiseer deur te sê dat hy nie met die leefstyl saamstem nie. Dit is ’n Bybelse standpunt; nie sy mening nie. Nou stel die gay-gemeenskap, ironies genoeg, ’n voorwaarde aan Buchan, naamlik, hy moet met hulle leefstyl saamstem. Hy word wêreldwyd as ’n geestelike vader erken; dit is dus soos kinders wat aan ’n ouer wil voorskryf: “As Pa ons regtig lief het, sal Pa ons laat doen wat ons wil.” Dit is absurd en ’n resep vir chaos.
Angus gaan uit sy pad om mense te help en maak persoonlike opofferings om wêreldwyd te reis en mense te bemoedig. Die verwikkeling is baie kommerwekkend omdat die pendulum besig is om van beskrywende pluralisme na vóórskrywende pluralisme te swaai. Dit is so goed liberale humaniste sê: “Jy kan verskeidenheid waardeer, maar slegs op ons terme.” Daar is ’n drakoniese tendens hier.
Vir Angus om boonop beskuldig te word dat hy ’n vrouehater is, is waansinnig en sonder feitelike instansiëring. Vra trouens net sy liefdevolle vrou wat met akkuraatheid kan sê wat die waarheid is. Hulle huwelik is ’n voorbeeld vir almal. Hy sê dikwels van die verhoog af dat hy nie kan wag om huis toe te gaan om by sy vrou te wees vir wie hy so lief is nie. Die onreg van hoe hy behandel word omdat hy sy geloof uitleef, spreek van die noodsaaklikheid vir God se mense om standpunt in te neem.
Dawie Spies – Manne van die Woord
Ek glo dat Angus Buchan deur God opgerig is vir ’n tyd soos hierdie. Ek beweeg as evangelis van dorp tot dorp in Suid-Afrika en sien die uitwerking wat hy die afgelope dekade in ons samelewing gehad het – onder alle groepe. Hy spreek die man reguit in eenvoudige taal aan oor sy verantwoordelikheid as eggenoot, vader, en ook in sy werkplek waar hy sy geloof moet uitleef. Dit is vir Angus die eerste prioriteit en hy draai nie doekies om nie!
Ek weet dat baie predikante en sielkun-
diges die saamtrekke bywoon om te sien waarom derduisende manne oopmond na hom luister, net om uit te vind dat hy nie ‘teologies’ praat nie, maar vanuit ’n vaderlike hart vol liefde die manne aanmoedig om die Here met integriteit te dien.
Hy praat uit die hart en het na my mening meer manne teruggebring na hulle knieë as enigiemand anders in ons tyd. Sy ‘back to basics’-metode is nie veroordelend nie, maar oortuig die manne vaderlik om terug te draai van wêreldse beginsels na God se beginsels.
Ek eer Angus Buchan as ’n man van God, en net soos Jesus, sal hy nie altyd gewild wees nie, maar die vrug van sy bediening in ons land spreek vanself. Mag die Here hom seën.
Kallie Kriel – uitvoerende hoof van AfriForum
Die nuus dat Angus Buchan deur ’n Skotse plaaslike owerheid verbied is om sy boodskap op enige van die raad se persele te verkondig, het my weer laat dink aan die dubbelstandaarde en onverdraagsaamheid van sommige wat hulleself as liberaal en vrydenkers voorhou.
Hierdie vrydenkers stel hulleself graag voor as mense wat ‘ope’ gesprek ondersteun en verdraagsaam teenoor almal en alles is. Die feit dat drukgroepe uit die liberale-dampkring in Skotland nou sensuur aanwend deur druk toe te pas om te verhoed dat Buchan in Skotland optree, plaas ’n groot vraagteken oor hulle eie verdraagsaamheid en bereidwilligheid tot ’n ope gesprek.
Of ’n mens met Buchan se teologiese standpunte saamstem of nie, is nie waaroor dit gaan nie. Ek is nie ’n teoloog nie en matig my nie aan om te poog om Buchan se sienings te verdedig of aan te val nie. Die kern van die saak is dat Buchan die volste reg het om sy standpunt te verkondig. Buchan hits nie geweld aan nie en dwing sy standpunte op niemand af nie. Die kern van geloofsvryheid is juis veronderstel om te wees dat mense soos Buchan volle vryheid moet hê om sy siening te verkondig.
In teenstelling met die druk wat op Buchan geplaas word, word mense wat die Moslem-geloof aanhang, en selfs ateïste, vryelik in Skotland toegelaat om hulle standpunt te verkondig. In Skotland is daar al byeenkomste gehou van ’n ateïstiese kerk. Vanuit hierdie groep is daar mense wat aggressief anti-godsdienstig is en selfs advertensies in die openbaar plaas teen godsdiens. Vanuit die Moslem-groepering word vroue dikwels as minderwaardig beskou en enkeles verkondig selfs geweld. Tog is baie uit die geledere van hierdie groepe wat Buchan teiken, stil hieroor. Dit getuig van dubbel standaarde.
Christene kan en moet nie toelaat dat hulle anders behandel word nie en moet met selfvertroue hulle reg om die Evangelie te verkondig, opeis. Die Evangelie is wesenlik ’n boodskap van liefde. Selfs al is daar ’n debat onder Christene oor sake soos homoseksualiteit, bly die gemene deler, ook volgens Buchan, Christene se liefde vir alle mense, al verskil jy van hulle lewenstyl. Geen sinvolle gesprek is moontlik as Buchan se sienings gesensor of onderdruk word nie. Daarom behoort almal, ook diegene wat van Buchan verskil, standpunt in te neem vir Buchan se reg om sy standpunte te huldig.
Lees ook die briewe van Bennie Mostert en Isak Burger in die Oktober-uitgawe van JUIG! (2016)
5 Verrassende Geestelike Voordele Van Minder Besittings
Vir ons was die bedoeling met minimalisme om ons finansies te help bestuur. Hier is hoe dit ons geloof gehelp het: Agt jaar gelede het ons gesin meer as 60% van ons besittings verkoop, geskenk, of weggegooi. Ek en my vrou en ons kinders het van klere, meubels, ornamente, kookgereedskap, gereedskap, boeke, speelgoed, enigiets in ons huis wat nie bruikbaar of mooi was nie, ontslae geraak. “In daardie stadium, lank voordat kleiner huise so gewild geraak het, was so ‘n drastiese afskaling ’n totale vreemde idee.
Soos so baie van ons, het ek lang ure gewerk vir ’n salaris wat ons bestee het aan tegnologie, klere, speelgoed, meubels, huisversierings, motors, en hopelik eendag, ‘n groter huis in ‘n mooier omgewing. Ek het nie regtig geglo die doel van die lewe is om besittings te vergaar nie, maar my kalender en tjekboek het ’n ander storie vertel.
Een Saterdagmiddag, toe ek besig was om die motorhuis op te ruim terwyl my vyfjarige seuntjie met sy bal in die agterplaas speel, het ek skielik besef dat dit nie al my besittings was wat my gelukkig gemaak het nie. Dit het my aandag eintlik afgelei van díe einste dinge wat my vreugde verskaf.
Aanvanklik was ons minimalisme bloot ’n praktiese stap om te neem. Ons was moeg daarvan om van die een salaris na die volgende te lewe om ons toenemende aantal besittings te kan bekostig; ons was moeg daarvoor om tyd in te boet wat ons saam met ons kinders kon bestee terwyl ons die deurmekaarspul in die huis moes opruim. Spoedig het die besluit om doelbewus minder te besit, egter ook ’n verrassende invloed op ons geestelike reis gehad. Waar ek voorheen Jesus se lering oor geld en besittings as ’n moeilike oproep tot ’n selfopofferende (selfs vervelige) lewe beskou het, het minder besittings trouens tot ’n beter lewe gelei, een vol vryheid, vreugde en vrede. Ek het begin insien dat Jesus my nie tot ’n vervelige lewe geroep het nie, maar tot ’n oorvloediger lewe.
Hier is ’n paar van die verrassende geestelike voordele wat ek en my gesin ervaar het sedert ons besluit het om minder te besit:
Lees die res van die artikel in die Oktober-uitgawe van JUGI! (2016)