Ons moet meer lag en bly wees. Humor en blydskap hoort regtig nie net tuis by skurwe komediante of luidkeelse dronkaards nie. Ons dien ’n God van vreugde. In Sy koninkryk swaai blydskap die septer (Romeine 14:17). Vreugde en dankbaarheid is deel van die hartklop van God se wil (1 Tessalonisense 5:18).
Category: October 2017 Issue
Johan Brits: Aanbidding Met Visie, Passie & Inspirasie
Die Christen-sanger en -liedjieskrywer, Johan Brits, is nie maar net nog ’n nuwe gesig wat almal vir ’n wyle aan die gons gaan hou en dan weer van die toneel af sal verdwyn nie. Dié jong sanger het daardie eksfaktor, en van groter belang, die Heilige Gees-faktor wat hom doelgerig vir Christus laat leef. Hy het onlangs die VGMA-Gospel-toekenning ontvang en het ook as nuweling sy debuut op Gospel Skouspel maak. JUIG! nooi jou om Johan ‘n bietjie beter te leer ken en tot jou eie slotsom te kom oor die nuwe Suid-Afrikaanse gospeltalent.
Evangeliseer Die Land
George Whitefield, een van die bekendste evangeliste van die afgelope 300 jaar, het meer as 3 000 preke oor weder-geboorte gepreek. In Johannes 3:3 sê Jesus: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Iemand het vir Whitefield gevra: “Waarom preek jy so dikwels oor wedergeboorte?” Hy het geantwoord: “Omdat mense wedergebore moet wees.”
Die Waarheid Het Gesneuwel
Ons leef nou in ‘n ‘post-waarheid’-era. Die adjektief ‘post-truth’ was die Oxford Dictionary se woord van die jaar in 2016. Die term het betrekking op ‘omstandighede waar objektiewe feite minder gesaghebbend in openbare meningsvorming as in emosionele beroepe’ is.
Casper Grathwohl, die president van Oxford Dictionaries, het gesê die term se toenemende gewildheid “word aangevuur deur die opkoms van sosiale media as ‘n nuusbron sowel as die toenemende wantroue in feite wat deur die establishment aangebied word.” Hy voer aan post-waarheid “sal een van die definiërende woorde van ons era wees”.