Ek sien “Survivor” as ’n sport soos ’n rugbywedstryd. Daar is bloed, sweet en trane, maar as die eindfluitjie blaas, is dit verby. Ek het “Survivor” soos ’n wedstryd benader; ek was bewus van hóé ek wou speel – met liefde en respek. “Immunity idols”, “alliances” en “blindsides” is alles deel van die spel, maar om iemand se karakter af te breek en hulle of hul gesinne leed aan te doen, is buite die spel. Dít was ’n morele grens vir my.
Ek het ook gereeld spelers bedien en vir hulle gebid. Soms moes ek ’n speler daaraan herinner dat ons teen mekaar speel en dat dit terselfdertyd net ’n spel is. Ek wou graag ’n vars bries wees vir elke speler, veral geestelik, al ding ek teen hulle mee. Ek is vir niemand kwaad nie en ek koester die diep gesprekke met elkeen wat sáám en téén my gespeel het.
Category: October 2018 Issue
Sketse Van Hoop
Woorde verloor dikwels hul trefkrag en word blote klanke of godsdienstige begrippe omdat ons hulle al soveel gehoor en gebruik het. Kom ons kyk byvoorbeeld na die woord “hoop”: “Ek hoop ek kry die werk”, “Ek hoop ons het môre goeie weer op die strand” of “My hoop is in die Here”. Kan ’n mens Bybelse hoop in dieselfde asem as hierdie voorbeelde noem? Hebreërs 11:1 leer ons dat geloof ’n vaste vertroue is op die dinge wat ons hoop. Dit is belangrik om die ware Bybelse betekenis van die woord “hoop” te verstaan, want dit beskryf waaruit ons geloof bestaan, die geloof waardeur ons gered word (Efesiërs 2:8). Wat is die ware prentjie van “hoop” wat God in Sy Woord skets?
Lucy Se Rugwerwel Die Van Bobbejaan
Die befaamde aapvrou Lucy (Australopithecus afarensis), wat dekades al voorgehou word as ’n voorouer van die mens, is toe nie so ’n volmaakte voorbeeld van menslike evolusie nie. Pas is bevind dat een van haar rugwerwels al die tyd dié van ’n bobbejaan is. ’n Mens wonder hoeveel wetenskaplikes nou soos ’n bobbejaan voel.
Kan Jy Hom Hoor? God Praat Elke Dag Met Ons
Hunker jy daarna om God se stem te hoor, maar voel ver van Hom af? Jy is nie alleen nie. Daar is baie gelowiges wat met onbeantwoorde vrae in hulle harte rondloop oor die maniere waarop God praat of Sy wil aan Sy kinders bekend maak. Ons is dikwels so bang dat ons buite Sy wil leef as dinge begin skeefloop en in ons soeke na antwoorde beland ons soms op afdraaipaadjies wat nie na die waarheid lei nie. Dit kan ook wees dat ons net ’n vinnige antwoord of oplossing verlang sonder om ’n liefdesverhouding met God te ontwikkel deur tyd met Hom en Sy Woord deur te bring.