Die woordeboek omskryf kapitalisme as: “’n ekonomiese stelsel wat gekenmerk word deur privaat of korporatiewe eienaarskap van kapitaalgoedere, deur beleggings wat bepaal word deur ’n private besluit sowel as deur pryse, produksie en die verspreiding van goedere wat hoofsaaklik bepaal word deur mededinging in ’n vrye mark.”
Lees die volledige artikel in die Oktober 2019 uitgawe van JUIG! Tydskrif.
Category: October 2019 Issue
Om Te Vlug Of Nie
Sandy is ’n 23-jarige sekretaresse by ’n kerk in Jaramana, Sirië, ’n stad wat die afgelope agt jaar van oorlog deur meer as 16 000 missiele getref is. Sy het al meer lyding gesien as wat enigiemand van haar ouderdom gewoonlik sien en meer ontbering verduur as wat iemand wat nog so jonk is, behoort te ervaar.
“Het jy dit al ooit oor die afgelope agt jaar oorweeg om Sirië te verlaat?” wou ons weet. Haar antwoord het ons sprakeloos gelaat: “As dinge ten goede verander, sal ek dit dalk oorweeg om te gaan, maar ons het besluit om gedurende die oorlog te bly sodat ons die ‘agente van verandering’ kan wees wat die verskil maak.”
Sonder dat sy weet, het Sandy insig gebied wat ook toepaslik is op die Suid-Afrikaanse konteks: Om te vlug of nie? Hoe reageer ons op die misdaad, korrupsie en gevare in ’n land waarvoor ons almal so lief is?
Jou ingesteldheid is van belang
Volgens SA People News woon byna ’n miljoen Suid-Afrikaners nou in die buiteland en hierdie getalle sal waarskynlik in die volgende jaar toeneem. Die les wat by Sandy te leer is, is nié dat sy besluit het om te bly nie, maar haar ingesteldheid terwyl sy bly. Die les uit Sirië is dus van toepassing op dié wat vertrek en dié wat bly.
Lees die volledige artikel in die Oktober 2019 uitgawe van JUIG! Tydskrif.
Donna Kennedy-Meyer: Geloof Wat Die Toets Deurstaan
Die Bybel sê nie verniet dat lyding ons geloof louter nie. Dit is in die smeltkroes dat die goud in ons gelouter word. Donna Kennedy-Meyer is ’n bewys hiervan. Sy het verlede jaar deur die vuur van kanker gegaan en haar verhaal getuig van ’n geestelike rypheid wat net kom as jou geloof die toets deurstaan het.
Dis moeilik om te glo dat die mooie Donna, wat vier jaar lank modelwerk in Amerika gedoen het, as dogtertjie oorgewig en maar ’n alleenlopertjie was. Sy vertel dat sy van jongs af ’n soeke na identiteit gehad het. Sy gebruik nou juis haar eie ervaring en insig in die wêreld se vrugtelose soek na identiteit in al die verkeerde dinge, om kliënte by ware innerlik-uiterlike skoonheid te bring. Sy is vir die afgelope 14 jaar ’n gekwalifiseerde skoonheids- en voorkomskonsultant.
Lees die volledige artikel in die Oktober 2019 uitgawe van JUIG! Tydskrif.
Bear Grylls: Die Wedloop Van Geloof
Enigeen wat nie die onverskrokke avonturier Bear Grylls ken nie, loop baie mis. Meer as sy avonture wat die dood verontagsaam, meer as sy moedige dade van geloof en meer as sy oorlewingstegnieke wat jou maag laat draai (en wat jy hoop jy nooit hoef te gebruik nie). Agter die sterk, deurleefde gesig wat ons almal leer liefkry het, staan ‘n eggenoot, ‘n pa en ‘n uitgesproke Christen wat op sy geloof staatmaak om hom deur moeilike tye te dra.
Lees die volledige artikel in die Oktober 2019 uitgawe van JUIG! Tydskrif.