Hoe God dié toegewyde pastoor gebruik om Sy Koninkryk uit te brei

As Christene is dit ons roeping om die sout en lig vir die samelewing te wees. Ons moet dié wees wat geskiedenis maak en die wêreld verander. Ons is geroep om vrug te dra en baie vir die Koninkryk van God te vermag. Ons lewe met die ewigheid voor oë en wil almal graag eendag dié wonderlike woorde van ons Koning hoor: Welgedaan, goeie en getroue dienskneg …” 

Iemand wat hierdie roeping beslis uitleef, is pastoor Raymond Lombard. Van sendingwerk in Afrika-lande tot opleiding van huiskerkleiers in China, rig Jesus elke tree wat Raymond gee. Sy lewe getuig van nederige gehoorsaamheid aan Jesus, Sy leidsman. Laat sy getuienis jou inspireer om ook jou roeping uit te leef.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


God sal jou nooit verlaat nie!

Dit was 1 Maart 2015, ek was 24 jaar oud. Ek het oudergewoonte in die natuur my siel gaan ondersoek; voete in die rivier. Ek kon die gevaar aanvoel toe twee mans met my oogkontak maak. Ek het die situasie probeer beredder deur by ’n huis daar naby in te loer, maar dit was donker binne. Daar was niemand tuis nie. Die twee het aangestap gekom en vandaar af het alles afdraand gegaan …”

Lees hoe die Here een van ons lesers tydens ’n aanranding gered het. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Wat om te verwag as niemand verwagtend is nie

Volgens ’n aanlyn hoofopskrif van die BBC staar die wêreld ’n skokkende wêreldwye ineenstorting in die gesig – nie ’n ekonomiese ineenstorting nie, maar wel ’n ineenstorting van die geboortesyfer. Die BBC-artikel berig dat “die dalende geboortekoerse beteken dat bykans elke land teen die einde van die eeu ’n afname in die bevolking kan hê.” Trouens, 23 lande, onder meer Spanje, Portugal, Japan en Suid-Korea, se bevolkings kan teen 2100 gehalveer wees. 

In sy boek, What to expect when no one is expecting, meen Jonathan Last, die digitale redakteur van die Weekly Standard, dat enige land waar die geboortesyfer te laag is, oor die lang termyn ekonomiese stagnasie en sosiale agteruitgang te wagte kan wees. En dit is maar net die onmiddellike probleme. Lees gerus die artikel om uit te vind wat die Bybel oor bevolkingsbeheer te sê het.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Evolusie – Die groot leuen

Die evolusieleer lê aan die wortel van die meeste groot euwels wat die samelewing teister. Dit is ook al “die groot leuen” genoem. Dit het honderdmiljoene mense mislei en waarskynlik die dood van meer mense veroorsaak as enige ander ideologie in die geskiedenis van die wêreld.

In hierdie artikel ondersoek ons die hart van die evolusieleer en vra die volgende vrae: Het die lewe vir ateïste enigsins betekenis? Waarom het so baie mense die evolusieleer aangegryp? en  Maak evolusie werklik ’n verskil in ons wêreld?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.