Jou kerk hoef nie groot te wees om ’n verskil te maak nie

Dawie en Madelein Pieterse is nou reeds 25 jaar op Marble Hall en is daar om te bly. Leraars bly selde langer as vyf jaar op klein plattelandse dorpies, maar die Pieterses se hart is vir die plattelandse gemeenskap waar God hulle geplant het. 

Ons het heerlik met die leiers van World Shakers gesels oor hulle kerk se mandaat vir Marble Hall en meer uitgevind oor hulle bystand aan weeskinders en ander gemeentes.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om uit te vind hoe hulle ’n verskil help maak in God se Koninkryk. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Antwoorde op nog vrae oor die vloed

Was Noag se vloed wêreldwyd of plaaslik? Het dit ooit gereën voor die vloed? Hoeveel van elke tipe dier het Noag op die ark geneem? Het dit ooit gereën voor die vloed? 

In ons artikel oor Noag en die vloed antwoord ons ’n paar van die algemene vrae oor die sondvloed.

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is om jou geloof te versterk. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Stuur God of kies ons?

Die lesse wat ouers hulle kinders ’n geslag gelede oor loopbane en finansiële sukses geleer het, is baie anders as dié wat ouers deesdae vir hulle kinders moet leer. Vyf toonaangewende bedryfsleiers deel hulle lesse vir sukses wat die kinders van vandag moet leer ter voorbereiding vir die wêreld van môre.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer te lees oor die vyf lewensvaardighede wat in hierdie artikel behandel word. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Babilon word herhaal

Europa het God uitgeskop en Babilon ingenooi. Selfs simbole van die toring van Babel en “die koningin van die hemel” wat op die dier ry (soos beskryf deur Johannes in Openbaring) word openlik deur die Europese Unie gebruik. Al die bestanddele is daar en die tafel is gedek vir die Antichris

Amir Tsarfati verduidelik in hierdie artikel sy siening aan die hand van die parallelle tussen Babilon en wat in Europa gebeur. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om Amir se uiteensetting te lees in hierdie baie interessante artikel. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!