Wat Sê Die Bybel Oor Stres?

Die woordeboek definieer stres as “fisiese, geestelike, of emosionele spanning of druk”. Sommige stres is nodig en selfs goed – soos die fisiese spanning wat ons op ons spiere plaas om dit sterker te maak. Maar wanneer ons oor “stres” praat, verwys ons gewoonlik na oormatige of negatiewe geestelike of emosionele spanning of druk. Alhoewel “stres” nie spesifiek in die Bybel genoem word nie, praat die Skrif wel oor dinge soos angs, bekommernis, en probleme – dinge wat ons dikwels met stres assosieer – en gee dit ons duidelike antwoorde oor hoe ons dit moet hanteer…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


6 Dinge Wat Jy Oor KI (AI) Moet Weet

So, wat is KI? As jou kennis van KI beperk is tot flieks soos Her, Free Guy, Ex Machina, en Wall-E, is jy nie alleen nie. En as jy murmureringe oor “die gevare van KI” gehoor het en bekommerd is oor hoe dit jou kinders kan beïnvloed – wel, ek is ook. Nuwe tegnologie is angswekkend, veral as jy nie ’n tegniese persoon is nie en dit alles soos ’n vreemde taal klink.

Maar kunsmatige intelligensie (KI) is iets waarvan ons moet weet, want dit gaan binnekort elkeen van ons en ons gesinne beïnvloed. En omdat dit so vinnig groei, met nuwe KI-instrumente wat oënskynlik elke week op die mark kom, kan ons nie agterbly of net wens dat dit verdwyn nie. Dit gaan nêrens heen nie. Hier is ses dinge wat jy op die oomblik oor KI moet weet. Dit sal handig te pas kom wanneer jou kinders beslis gaan vra: “Pa, wat is KI..?”

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Die Gelykenisse Van Jesus: Die Verstandige En Dwase Bouers

Nadat Jesus die bekendste preek van die Christendom gelewer het, eindig Hy die Bergpredikasie met ‘n waarskuwing in gelykenisvorm. Hierdie gelykenis is nie ‘n selfstandige lering nie, maar dit dien as die samevatting van die hele preek. In Matteus se evangelie beslaan daardie preek drie hoofstukke (5-7).

Jesus stel twee bouers voor, een verstandig en die ander dwaas. Die verstandige bouer bou sy huis op ‘n stewige fondament, terwyl die dwase bouer kortpad neem en haastig sy huis op sand bou. Jesus gebruik hierdie analogie om die twee reaksies wat mense op sy lering het uit te lig. “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel… en nie daarvolgens handel nie” (Mat 7:24, 26). Eenvoudig gestel, wat gaan jy met Jesus se lering doen..?

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Hoezit Samelewing Se Francois Boyce: Jou Daaglikse Dosis Van Humor En Hoop

Nederig, Godvresend, en skreeusnaaks – dit is Francois Boyce, die kleurvolle en komiese persoonlikheid agter Hoezit Samelewing, ’n aanlyn platform waarop hy daagliks derduisende Suid-Afrikaners se lagspiere kielie. Enig in sy soort het Francois die gawe om kykers en luisteraars uit hul mae te laat lag, terwyl hy hulle terselfdertyd inspireer en aanmoedig om ’n lewe van hoop, betekenis en diensbaarheid te lei.

Buiten Hoezit, doen hy ook optredes en motiveringspraatjies oor die hele land. Meer onlangs het hy selfs die titel van radio-omroeper by sy ellelange CV gevoeg, tog beskou Francois dit steeds as sy belangrikste werk om ’n toegewyde man en pa te wees…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!