Saam met God het ons het ons n toekoms in SA

Ons het ’n keuse: óf ons laat toe dat ons toekoms gerig word deur mense in hul gebrokenheid óf ons kies vandag doelgerig om ons toekoms deur God te laat bepaal. Waarskynlik sal die meeste mense die laaste opsie kies, maar nie nood-wendig weet hoe om daarby uit te kom nie. Gelowiges is ook nie onwillig om God se wil met mense te deel nie, maar ons weet nie altyd hoe om die talryke uitdagings wat ons in die gesig staar, te takel en op te los nie. Ons voel ontmagtig omdat ons nie deel is van besluitnemingsprosesse nie; omdat ons nie insae het in wat agter die skerms gebeur nie; omdat ons nie toegang het tot gesagsfigure wat hul posisie misbruik nie. Dan wonder ons of daar enigsins iets is wat ons kan bydra tot ’n nasie wat oënskynlik koersloos geraak het.


Duisende ontvang gewillig mikroskyfie-inplanting

Die toekoms is feitlik hier en dit gaan ’n vreemde wêreld wees. Baie toekoms-verhale is al geskryf oor despotiese regerings wat hul bevolkings sal dwing om mikroskyfies te laat inplant om hulle te beheer, maar wat gedaan as die meeste mense hierdie nuwe tegnologie met ope arms verwelkom?


Grondonteiening: Mededeelsaamheid herstel gelykheid

Die Wêreld-Ekonomiese Forum het in ’n nuwe verslag sorgwekkende syfers oor die “stygende gety ongelykheid” bekend gemaak. In die verslag, “Working for the Few”, word gesê:
• Byna die helfte van die wêreld se rykdom is nou in die besit van net 1 persent van die bevolking.
• Die rykdom van die 1 persent rykste mense ter wêreld beloop $110 triljoen. Dit is 65 keer die totale rykdom van die onderste helfte van die wêreld se bevolking.
• Die onderste helfte van die wêreld se be-volking besit saam dieselfde as die rykste 85 mense in die wêreld.
• Sewe uit tien mense woon in lande waar ekonomiese ongelykheid die afgelope 30 jaar toegeneem het.


Frank Rautenbach – Akteur, ambassadeur en nou ook outeur

Elkeen wat Frank Rautenbach sien, sal hom dadelik herken as die akteur wat Angus Buchan vertolk in die gewilde Faith Like Potatoes. Meer as 11 jaar ná die rolprent, met waardevolle lewens- en geloofslesse agter die blad ná sy tyd in Amerika en ’n volwasse geloof wat net deur beproewing kom, is Frank ’n goeie keuse as ambassadeur van die nuwe Christen-aanlyntelevisiekanaal, RoepTV, met as leuse “Die Waarheid”.