Weermag Ontplooi In Bendegeteisterde Gebiede In Kaapstad

Inwoners van Kaapse woonbuurte wat deur bendegeweld geteister word, het onlangs op die sypaadjies gejuig en hande geklap toe gepantserde militêre voertuie in ’n lang konvooi verbygery het. Die minister van polisie, Bheki Cele, het die week tevore aangekondig dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANWF) vir ongeveer drie maande by tien van die stad se woonbuurte ontplooi gaan word waar bendegeweld die hoogste is. Hy het bygevoeg dat die ontplooiing ’n ‘buitengewone’ maatreël is om openbare veiligheid te midde van toenemende bendegeweld te verseker.
Lees die volledige artikel in die September 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.


VRINNE Vir Vroue

Die drie vriendinne, Rouchelle Liedemann, Karien Basson en Benescke Janse van Rensburg ken mekaar al ’n geruime tyd. Benescke en Karien se paaie het by Radiokansel gekruis en dié drie het sewe jaar gelede min of meer dieselfde tyd by Radio Tygerberg 104fm begin werk. Karien en Benescke het die Drive-time slot beman en Rouchelle die oggendgleuf tussen 9:00 en 12:00.
Hulle het vroeër vandeesmaand VRINNE geloods, ’n platform op sosiale media waar vriendskappe, entrepreneurs en vroue gevier word. “Ons land is ryk is aan kreatiewe vroulike entrepreneurs,” sê Benescke “en die uitdaging vir heelwat van hulle is dat hulle nie tyd of geld het om hul produk te bemark nie. VRINNE wil daardie gaping vul.” Om dít te doen beplan die VRINNE om elke Donderdag ’n resensie-episode op hul YouTube-kanaal te laai waartydens hulle gesels oor van die produkte of dienste wat hulle gaan uittoets het.
Lees die volledige artikel in die September 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.


Swak = Sterk

“In hierdie wêreld moet jy sterk wees! Daar is nie plek en tyd vir verloorders nie.” Die suksesresep wat die wêreld voorhou, is net vir die “sterkes” bedoel. As jy nie die suksesleer in die lewe klim nie, word jy eenkant toe geskuif. Jy moet presteer. Jy moet die hoogste sport bereik. Die “wyses” van hierdie wêreld sê jy moet regmerkies langs die regte blokkies kan maak, anders is jy swak. Mense wat stil en nederig is; dié wat swyg, aan depressie ly, die agterosse, ens. word misken. Die wêreld sê jy moet sterk word en op jou eie krag staatmaak. Die wêreld kyk op na sterk persoonlikhede, na dié wat oor mense kan loop en ander op hul plek kan sit; wat hul mond kan oopmaak en hulle vuiste kan bal.
Lees die volledige artikel in die September 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.


Family Policy Institute Vier 11 Jaar

Errol Naidoo is een van die doeltreffendste Christene wat ek al ooit teëgekom het. Hy is vurig oor die roeping van die Here in sy lewe om Christene ingelig te hou oor die kwessies waarmee ons te kampe het en hy dra die waarheid van God se Woord oral in Suid-Afrika uit. Errol veg op die voorste linies vir ons geloof en bevind hom dikwels in die parlement te midde van leiers wat kritieke besluite moet neem wat ons almal raak. Errol is iemand wat jou inspireer omdat hy die Family Policy Institute in nederigheid lei en bestuur.
Lees die volledige artikel in die September 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.