Soek die Koninkryk met hulle hele hart

Pickard en Nadia Henn, van Christ in Action, is ’n jong egpaar wat “soek eers die Koninkryk” met hart en siel uitleef. Die woorde op Pickard se T-hemp som dit mooi op: “All day, everyday, Jesus”. Jesus is nie bloot ’n aspek wat deel uitmaak van hulle lewe nie – Hy is hulle hele lewe en elke dag is Syne om hulle te gebruik soos Hy wil. Daarom ervaar hulle ook dikwels wonderwerke wanneer hulle die kanaal word vir God om Sy liefde of genesing op iemand uit te stort. 

JUIG! se skakelbeampte, Ymile Kennedy, het in Upington by Pickard en Nadia gaan kuier.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


‘In U lig sien ek die lig’

René Snyman is ’n meesterkunstenaar wat lig op ’n uitsonderlike manier in haar skilderye uitbeeld. Nie net skyn die lig uit haar werke nie, maar René se innerlike lig val ’n mens ook dadelik op. 

“Kuns is soos musiek. Jy kan sê dit gaan goed, maar kom ons verf, dan kyk ons hoe goed gaan dit regtig met jou, want die kwas lieg nie,” sê René. Sy glo vas, as ’n mens nie innerlik op ’n goeie plek met die Here is nie, sal dit in jou kuns weerspieël word. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Wêreldwye druk vir normalisering van pedofilie

Daar is wêreldwyd druk om kinders te seksualiseer en pedofilie te normaliseer. Veral ouers met kinders wat jonger as 18 is, moet uiters waaksaam wees! 

’n Nuwe term, “minor-attracted person” (MAP) is geskep in ’n poging om die seksuele versteuring as ’n “sosiale norm” aanvaarbaar te maak. Voorstanders van MAP definieer dié term as “’n toestand waar die individu seksueel tot minderjariges aangetrokke is”. Ouers moet kennis neem van hierdie wêreldwye beweging en standpunt inneem om kinders te beskerm. Hulle moet die pogings verwerp om pedofilie te normaliseer. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Kan Christene hulself bewapen?

Ons is gewoond daaraan om van skietvoorvalle in Amerikaanse skole of kerke te hoor, maar sulke aanvalle in kerke is nie iets waarmee ons oor die algemeen in Suid-Afrika te kampe het nie. Daar was in 1993 die aanval op die St. James-kerk in Kenilworth, Kaapstad, maar onlangs was daar egter binne een maand twee skietvoorvalle by kerke in Suid-Afrika. 

In die lig van hierdie traumatiese gebeure het ons met pastoor Kobus Erasmus van Querencia-bedieninge gepraat oor hoe hulle gemeente hulleself nou teen hierdie tipe aanvalle voorberei en beveilig.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.