Veelsydige en geliefde sangeres

Van ligte liedjies soos “Kom dans Klaradyn” en “Troepie Doepie” tot meer gewyde liedere en opera (en talle genres tussenin) is Rina Hugo een van ons veelsydigste en mees geliefde sangers. 

Ons het met Rina gesels oor haar en Johan se herstel van COVID, hulle aanlyn konsert en hulle pragtige huwelik.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om uit te vind hoe haar en Johan se groot skrik met hul hospitalisasie vir COVID haar uitkyk op die lewe verander het. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Goeie nuus uit die verwoesting

Die onlangse plundery en geweld wat in veral KwaZulu-Natal (KZN) uitgebreek het, het skokgolwe deur die land gestuur en menige Suid-Afrikaner na hulle tasse laat gryp om te emigreer. 

Doemprofete het opnuut chaos en ’n bloedbad voorspel. Maar weer eens het God die planne van die bose gebruik om op voetsoolvlak iets nuuts die lig te laat sien en is die vlam van hoop weer aangeblaas. 

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor die wonderwerke, Creator Inspired en Heal Our Nation om jou geloof te versterk en om ander om jou ook te kan bemoedig. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Stuur God of kies ons?

Dit is miskien een van die algemeenste vrae wat deur en aan Christene gestel word – hoe kan ’n regverdige en liefdevolle God goeie, onskuldige, gewone mense hel toe stuur? Dikwels is dit juis hierdie kwessie wat mense van God afskrik of verhoed dat hulle Christus volg omdat hulle nie hul gevoelens (oor wat regverdig en goed is) met die werklikheid van die hel en die ewige verdoemenis kan versoen nie.

Om die vraag te antwoord oor ’n liefdevolle God wat iemand hel toe stuur, moet ons ’n paar terme definieer en ’n paar verkeerde aannames regstel.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer te lees oor wat die Bybel hieroor te sê het. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Moenie dat jou hoop opdroog nie

Hoop loop soos ’n lewensaar deur die bladsye van die Bybel en met goeie rede … ons almal het hoop nodig en ons almal beleef by tye hoe ons hoop weens moeilike omstandigede en beproewinge opdroog. 

Tydens sy bediening aan die gelowiges in Rome, bid Paulus dat hulle hoop in die Here versterk mag word – hy sê: “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” – Romeine 15:13.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor die drie belangrike elemente van hoop wat Paulus hier uitlig. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!