Geloof dink en glo soos ’n kampioen

Israel het sewe jaar lank verdrukking en armoede onder die Midianiete gely en na God uitgeroep. In antwoord verskyn die Engel van die Here aan Gideon met ’n belofte van verlossing en ’n gepaardgaande opdrag dat Gideon as aanvoerder sou optree (Rig 6:1-16).

Gideon se fokus was egter op sy onbelangrike familieherkoms en geringheid. Dit het hom swak en ontoereikend laat voel. Talle Christene trap in dieselfde slaggat.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


AR, VR & die metaheelal

In ’n voortdurend ontwikkelende digitale landskap, gryp opkomende tegnologieë soos die verrykte werklikheid (augmented reality of AR), virtuele werklikheid (virtual reality of VR) en die metaheelal (metaverse) die verbeelding aan en verander dit hoe ons met die digitale wêreld omgaan.

Hierdie artikel wil vir dié wat dalk minder vertroud is met hierdie konsepte ’n toeganklike oorsig verskaf met potensiële voordele, risiko’s en hoe dit met ons geloof verband hou in ag genome.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Agape-liefde in reaksie op haat

As volgelinge van Christus moet ons nooit uit haat reageer nie, maar eerder wanneer ons aan die ontvangkant staan, met agape-liefde reageer. Hoe moet volgelinge van Jesus lewe en reageer in ’n wêreld vol haat?

Met liefde, agape-liefde! Hoe raak ons egter prakties betrokke by hierdie soort liefde? Kan dit gesien of gevoel word? In hierdie artikel ondersoek ons aan die hand van ’n Bybelstudie die teksgedeelte in Lukas 6:27-36 (met die opskrif “Liefde vir die vyand”).

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


René Roux – Hier’s my hand

Waar daar ’n helpende hand nodig is, sal René Roux opduik, of dit nou met die Skooltassie-projek vir behoeftiges graadeentjies is, tuisversorging of gehoortoestelle vir hulpbehoewende bejaardes, die Stophongerprojek vir 8 000 honger kleutertjies of Boesemvriendinne wat borskankerlyers bystaan – die lys is lank. Die sprankelende “hoopsaaier”, digter en skrywer is die adjunk- uitvoerende hoof van Helpende Hand.

Sy praat onder meer oor roeping vs. beroep, die dood van haar pa, positiwiteit, hoe die Kerk op ’n praktiese manier ’n verskil kan maak in die gemeenskap en hoe jy as individu die hande en voete van Jesus kan wees.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!