Standaard bepalings en voorwaardes vir JUIG!-kompetisies:
Elke maand laai JUIG! ’n nuwe kompetisie met verskeie Christelike pryse. Hierdie reëls is die amptelike reëls van die kompetisie. Hierdie reëls (tesame met enige amptelike kompetisiekommunikasie) sal vir die kompetisie geld en van toepassing wees. Neem asseblief ’n oomblik om hierdie reëls te lees. Deur jou deelname stem jy in dat hierdie reëls op alle aspekte van jou verhouding met die kompetisie- en kompetisieverwante agente en die promotor van toepassing sal wees. Hierdie reëls kan slegs deur die promotor (met diskresie) gewysig (of vervang word) in ’n skriftelike hersiening van die reëls wat op die kompetisiewebwerf geplaas word of (na die promotor se uitsluitlike goeddunke) op enige ander potensiële amptelike kompetisiekommunikasieplatform wat redelikerwys die meerderheid van potensiële deelnemers sal bereik.
Deelname:
– Die kompetisie word deur die promotor, JUIG! Tydskrif, bedryf.
– Geen persoon wat ’n direkteur, werknemer, borg of agent van of konsultant vir die promotor is of wat ’n gade, lewensmaat, ouer, kind, broer, suster, sakevennoot of vennoot van ’n direkteur, werknemer of agent van of konsultant van die promotor is, kwalifiseer om aan hierdie kompetisie deel te neem of in te skryf nie.
– Hierdie kompetisie is slegs oop vir wettige inwoners van die Republiek van Suid-Afrika.
Inskrywings:
– Inskrywings wat onverstaanbaar of onvolledig is, sal ongeldig geag word.
– Inskrywings wat op die promotor se rekords weerspieël word, sal as die enigste bron van geldigheid hanteer word en sal die enigste bewys van suksesvolle inskrywings wees.
– Geen wenner mag binne 90 dae weer aan ’n volgende kompetisie deelneem nie.
Pryse:
– Pryse is nie oordraagbaar nie en is nie onderhandelbaar nie.
– Pryse sal via die Suid-Afrikaanse posdiens gestuur word, sonder ’n opsporingsnommer.
– JUIG! Tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore of beskadigde pryse sodra dit versend is nie. Pos kan tot drie maande lank neem om afgelewer te word.
– Om te kwalifiseer om die prys te wen, moet die wenner ’n Suid-Afrikaanse burger wees.
– Die prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant geruil word nie.
– In die geval waar die promotor nie met die wenner in kontak kan kom nie, behou die promotor die reg voor om weer ’n naam te trek.
– Die promotor hou die reg voor om ’n prys van gelyke of groter waarde te vervang indien die oorspronklike prys nie beskikbaar is nie.
– Die prys kan onderhewig wees aan bykomende bepalings en voorwaardes waaraan die pryswenner moet voldoen.
Seleksie van die pryswenner:
– Daar sal elke maand lukraak nuwe wenners gekies word.
– Die pryswenner sal deur die bestuurspanlede besluit word.
– Die pryswenner sal per telefoon of e-pos in kennis gestel word.
– Die pryswenner kan versoek word om deel te neem aan publisiteit wat met hierdie kompetisie verband hou.
– Die pryswenner gee toestemming vir die gebruik van sy/haar naam en foto’s in enige advertensie- en promosiemateriaal vir hierdie kompetisie.
– Deelnemers en die wenner vrywaar die promotor, sy affiliasies, sy reklame-agentskappe, adviseurs, verskaffers, genomineerde agente en handelaars van aanspreeklikheid vir enige en alle eise wat hoe ook al voortspruit, insluitend opsetlike wangedrag of nalatige handelinge of versuim aan die kant van enige sodanige persoon.
– Die promotor behou die reg voor om die kompetisie na goeddunke te verander of te kanselleer, sonder verhaal.
Algemene reëls:
– Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, sal jy outomaties vir ons maandelikse nuusbrief ingeskryf word.
– Die deelnemer vrywaar (tot die maksimum mate wat deur die wet toegelaat word) die promotor en sy opvolgers, werknemers, beamptes verskaffers, kontrakteurs, agente, konsultante, direkteure en aandeelhouers onvoorwaardelik en onherroeplik teen alle en enige verliese, eise, verrigtinge, aksies, skadevergoeding, (direk, gevolglik of andersins), aanspreeklikheid, uitgawes, regskostes (vir ’n prokureur en eie kliënt basis), mediese koste of ander koste wat mag voortspruit uit, gebaseer is op of in verband met (direk of indirek) die deelnemers se deelname aan die kompetisie.
– Indien ’n deelnemer hierdie reëls oortree, kan die deelnemer, volgens die promotor se diskresie, van die kompetisies gediskwalifiseer word.
– Die regter se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
– Die wette van die Republiek van Suid-Afrika geld vir hierdie kompetisie.
– Die promotor behou die reg voor om enige aspek van die kompetisie te eniger tyd te kanselleer of te verander na eie goeddunke, sonder aanspreeklikheid.
– Deelnemers aan die kompetisie verstaan en stem in dat; die promotor persoonlike inligting oor deelnemers moet insamel en gebruik om die kompetisie aan te bied. Hierdie kompetisie word onder die bepalings van toepaslike privaatheidsverklarings bestuur. Hierdie bepalings en voorwaardes is onderhewig aan verandering volgens die promotor se diskresie.