God het ’n paar keer in die Bybel deur duidelike tekens gepraat, byvoorbeeld die tien plae of die skrif aan die muur. Dit is egter nie net in die Bybel dat God so duidelik gepraat het nie. Die Amerikaanse outeur en Messiaanse Joodse pastoor, Jonathan Cahn, wys op twee tekens wat onlangs duidelike boodskappe van God gekommunikeer het. Vind uit wat met ’n Turkse politikus gebeur het nadat hy Israel vervloek het en lees van ’n verstommende gebeurtenis wat deur baie as ’n profetiese waarskuwing aan pous Francis beskou
word.
Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!
Category: April 2024 Issue
Christene en die stryd om vryheid van spraak
Die video van Shaun Christie, ’n student wat kapsie gemaak het tydens ’n oriënteringsessie by die Noordwes-Universiteit (NWU), het vinnig versprei. “Ek sê wat almal te bang is om te sê…” het die finalejaarregstudent in die video gesê. Hierdie is ’n waterskeidingsaak omdat studente tot op hede huiwerig was om sterk kapsie te maak uit vrees dat hulle nie toegelaat sal word om hul studies voort te sit nie. Die uitslag van hierdie saak sal nie net gevolge vir Shaun hê nie, maar vir Christen-studente landwyd en die Christen-stem in ons samelewing.
Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!
Jellievisse: ’n kopseer vir die evolusieteorie
God se skepping is altyd vol verrassings en jellievisse is werklik een van daardie geheimenisvolle diere. Hulle het geen hart of skelet, oë of ’n brein nie en tog is hulle uiters doeltreffende roofdiere. Het jy geweet Jellievisse kan so klein wees soos die vingerhoedjellievis (deursnee van 1,6 cm) tot die reusagtige Arktiese maanhaar-jellievis met tentakels tot 37 m lank. Het jy geweet jellievisse was al ruimtereisigers?
Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!
Jesus leef!
Moontlik het geen ander gebeurtenis in die geskiedenis die mensdom van ’n spesifieke era in so ’n mate geraak, soos die opstanding van Jesus nie. Sy opstanding is die rede waarom duisende na die Evangelie aangetrek word – en dit is die hoeksteen waarop die vroeë Kerk gebou is. Binne ’n kort tydjie ná Pinkster het die apostels duisende volgelinge bygevoeg tot die vroeë kerk. Die katalisator was die opstanding uit die dood. Dit kon nie ontken word nie, want alle moontlike voorsorgmaatreëls is getref om te verseker dat die liggaam nie uit die graf gesteel kon word nie. Desondanks die verseëling van die graf en die wagte van die Joodse raad, was die graf leeg en het honderde ooggetuies die lewende Christus gesien.
Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!