WIE IS ONS
JUIG! Tydskrif is ’n Christelike mediabediening in Suid-Afrika met een doel – om die Naam van Jesus te verheerlik en sy Kerk te dien met gesonde, Bybelgefundeerde inhoud vir die alledaagse lewe. As susterpublikasie van JOY! Magazine (wat in April 2006 vir die eerste keer verskyn het), het JUIG! aanvanklik as ’n Afrikaanse afdeling agter in JOY! begin. Met die besef van die behoefte aan ’n toegewyde Afrikaanse stem, is die eerste volledige uitgawe van JUIG! in Mei 2009 geloods. Sedertdien het die Here beide JOY! en JUIG! uitgebrei tot ’n multi-platform bediening wat huise en kerke regoor Suid-Afrika – en selfs verder – bereik.

ONS STORIE
2005 – JOY!-bediening begin in geloof en gebed
April 2006 – Eerste uitgawe van JOY! Magazine verskyn
2007 – JOY! Travel begin Bybelse toere en pelgrimstogte
Mei 2009JUIG! Tydskrif begin en bedien ’n unieke leserskorps
2022 – Groot herontwerp om lesers beter te bedien

Vandag bereik JUIG! maandeliks honderde duisende mense deur druk en digitaal, landswyd versprei in groot kleinhandelaars en deur intekeninge.

ONS KERN
Christus-gesentreerd – Jesus is Here oor alle aspekte van die lewe
Bybels – Die Skrif is ons finale gesag en lens
Opbouend – Ons bou die Liggaam op en vermy onnodige twis
Uitnemend – Ons streef na akkuraatheid, duidelikheid en integriteit

WAT ONS DOEN
JUIG! Tydskrif – Maandelikse druk- en digitale uitgawes met nuus, getuienisse, Bybelonderrig, kultuur-, familie- en sendinginhoud
JOY! Magazine – Ons susterpublikasie met unieke maandelikse druk- en digitale uitgawes
JUIG! Nuus – Daaglikse Christelike nuus uit ’n Bybelse perspektief
JOY! Travel – Geleide Christelike toere en pelgrimstogte na Turkye en Israel
JOY! Gifts – ’n Aanlyn winkel met geloofsversterkende boeke en produkte
JOY! Publishing – Boeke en hulpbronne wat die Kerk dien
Bediening & uitreik – Skenk tydskrifte aan hospitale, tronke, ouetehuise, konferensies en meer; neem deel aan toerustingsgeleenthede vir die Liggaam

VISIE
JUIG! Tydskrif wil God verheerlik deur te onderrig, in te lig, 'n Bybelse Wêreldbeskouing te bevorder en op elke terrein van die lewe aan die heerskappy van Jesus Christus gestalte gee.

WAARDES
• Streef na uitnemendheid en integriteit in alles
• Verskaf altyd interessante, akkurate en eerlike verslae
• Beveg die satan, en nie ons broers en susters in Christus nie
• Respekteer alle Christen-denominasies
• Streef daarna om die Liggaam van Christus te verenig
• Evalueer alles in die lig van die Skrif
• Moedig lesers aan om die Bybel-mandaat van sout en lig wees in die gemeenskap te vervul
• Moedig leserdeelname aan
• Motiveer lesers tot aksie
• Fokus op oplossings
• Neem persoonlike Verantwoordelikheid

GELOOFSVERKLARING
• Ons glo die Bybel is die geïnspireerde, onfeilbare en gesaghebbende Woord van God.
• Ons glo in een God, alomteenwoordig in drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees.
• Ons glo aan die goddelikheid van ons Here Jesus Christus, sy maagdelike geboorte, sy sondelose lewe, sy wonderwerke, in die regterhand van die Vader en in sy persoonlike liggaamlike wederkoms in mag en in heerlikheid.
• Ons glo dat die wedergeboorte deur die Heilige Gees absoluut noodsaaklik is vir die redding van verlore en sondige mense. Redding kom slegs deur Genade van God, op grond van Jesus se boetedoening aan die kruis en geloof in Hom.
• Ons glo aan die teenswoordige bediening van die Heilige Gees deur Wie se inwoning dit vir Christene moontlik is om ’n goddelike lewe te leef.
• Ons glo aan die opstanding van gereddes sowel as ongereddes; die Ewige Lewe vir vrygekooptes en die ewige verdoemenis vir die verlorenes.
• Ons glo aan die geestelike eenheid van gelowiges in ons Here Jesus Christus.

HOE JY KAN SAAMWERK
Teken in – Druk of digitaal, vir jouself of jou kerk
Deel nuus – Lees en deel JUIG! Nuus om die Kerk in te lig
Reis saam – Kom saam op ’n JOY! Travel-toer of vaart
Winkel by JOY! Gifts – Ondersteun Christelike media met elke aankoop
Skenk – Saai in Evangelie-media wat Suid-Afrika dien