JUIG! se November-uitgawe is werklik ’n “mondvol”! Die dringendheid waarmee ons as Christene die Evangelie moet versprei word opnuut ontdek, nuwe leidrade oor die revolusionêre soektog na Noag se ark word ondersoek, en daar word dieper gedelf in die Millennium-debat. Ons Koning se wederkoms kruip al hoe nader – is jy gereed? Die bruidegom is op pad – berei jou voor vir die bruilof van die eeue. Die draad van familie en geloof loop regdeur hierdie uitgawe en ons maak kennis met die inspirerende Georgious wat ’n tikkie soetheid na die tydskrif bring.

Die “A-span”, soos hulle bekend staan, van Mondvol koekies se bemoedigende storie vul die uitgawe met hoop en geloof. Ons voorbladartikel volg Andrew en Andriette Georgiou se lewensverhaal en die totstandkoming van die Mondvol-besigheid wat nuwe moed na ons lesers bring. Andriette se uithouvermoë en vertroue het haar teleurstelling in vreugde laat verander. Wat eers ’n newebesigheid was, het gegroei na ’n florerende onderneming.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R620 en ontvang ’n GRATIS geskenk!

Nuutste artikels

Andriette en Andrew Georgiou se klein begin het in ’n groot droom en sukses verander. Elke geloofstap wat die paartjie saam geneem het, het van Andriette se besigheid, Mondvol, ’n huishoudelike naam gemaak. Andriette se inspirerende reis van MasterChef en ’n klein motorhuis-begin tot naaswenner en ’n florerende koekie besigheid bring bemoediging. Mondvol is egter […]
Hierdie onderhoud met John Bevere vat ons op reis deur Openbaring en die eindtye. Die onderwerp oor Jesus se wederkoms is iets waarna ons as Christene moet uitsien, in plaas daarvan om daaroor te stry. Sy boodskap sit hierdie in perspektief – Hoe bestee ons ons tyd? Hoe behandel ons ander? En die belangrikste – […]
Pamela en Stefan van Wyk se geloof en vertroue het hulle deur van die moeilikste jare gedra. Van teleurstellende vrugbaarheidstoetse tot twee pragtige wonderwerk-dogtertjies het beide standvastig bly vashou aan God se belofte. Hulle getuienis bewys weereens dat God se tydsberekening anders is as ons s’n en dat ons voorsiening van ons Here af kom. […]
Hierdie artikel bring besondere insig oor die verwikkelinge van die soektog na Noag se ark. Hierdie wonderbaarlike verskynsel het Christene al vir jare laat praat. Daar is video’s, foto’s en ondergrondse skanderings gedoen om die formasie te ondersoek. Is dit werklik Noag se ark? Is die vaartuig waarvan ons in Sondagskool geleer het uiteindelik gevind? […]