Oktober 2026

Hierdie maand se uitgawe van JUIG! Tydskrif is gevul met inspirerende verhale van oorwinning, geloof binne onsekerheid en eerlikheid. Binne hierdie uitgawe is blywende hoop die goue draad wat regdeur die uitgawe loop en ons daaraan herinner dat God goed is, in goeie en slegte tye.

Hierdie uitgawe fokus ook op die moeilike vrae wat gelowiges soms vra soos Hoekom laat God siekte toe? Hoe hou ons aan hoop deur pyn en rou as die toekoms onseker is? Hoe kan ons die Skrif lees sonder om dit uit konteks uit te haal en God se boodskap te verdraai? Ons maak ook kennis met jong Max Immelman wie se lewe ʼn geweldige impak op die rondom hom gemaak het. Hy het sy storie vir God se glorie gebruik om ander te bemoedig. Daarmee saam is daar ʼn roerende preek oor rou deur J.John, Bybelse leringe en kragtige getuienisse.

Ons voorbladartikel is die verhaal van Caroline-Grace Brüssow se reis van LLB-student tot kunstenaar en ma van drie. Ons ontdek watter rol haar geloof in haar beroep as sangeres speel en hoe sy in haar verhouding met God geanker bly. Sy het opnuut besef – God was besig om haar treë te rig en haar koers te bepaal.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir een jaar teen R620 en ontvang ’n GRATIS geskenk!

Artikels in hierdie uitgawe:

Voorbladartikel:
– Caroline-Grace Brüssow: ‘Daar is saam met God nie werklik ʼn doodloopstraat nie.’

NUUS:
– Wie’s in die nuus?
– Algemene nuus en opdaterings
- Reini geseën met ʼn reservevoertuig

ARTIKELS:
– Hoekom konteks saak maak
– Bybelverse wat dikwels buite konteks aangehaal word
– 7 Maniere om ʼn geestelike aanval te herken
– Die wapenrusting van God
- Wat is die groot ophef oor die heilige nagmaal?
- 4 Bemoedigende waarhede ... deur die ontstuimige waters van ʼn gebroke wêreld
- 15 Jare, 11 maande. ʼn Lewe van impak
- Ons ewige hoop in Jesus Christus
- Wanneer geloof trane het
- Waarom laat God siekte toe?
- Om verstandig te belê
- Hoe en Hoekom moet ons vir ons leiers bid?
- Internasional Christian Embassy Jerusalem: Jou ambassade, jou stem
- Hoe herbou jy jou selfvertroue?

REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Stefanus
– God se vingerafdrukke: Krag om op te styg

SENDING EN GETUIENISSE:
– Die waarde van ʼn gewone dag
– Evangelieveldtogte oor 3 kontinente

RUBRIEKE:
– Blywende hoop – Redakteursbrief
– Die wapenrusting van God
– Wat is die groot ophef oor die heilige nagmaal?
– 4 Bemoedigende waarhede ... deur die ontstuimige waters van ʼn gebroke wêreld
– 15 Jare, 11 maande. ʼn Lewe van impak
– Ons ewige hoop in Jesus Christus
– Wanneer geloof trane het
– Waarom laat God siekte toe?
– Om verstandig te belê
– Hoe en Hoekom moet ons vir ons leiers bid?
– Internasional Christian Embassy Jerusalem: Jou ambassade, jou stem
– Hoe herbou jy jou selfvertroue?

GEREELD:
– Briewe aan die redaktrise
– Inkleurpret
– Blokraai
– Soek die Woord
– Toets jou Bybelkennis
– Vra Val: Bybelse antwoorde op moeilike vrae
– Wat sou jy doen?

Artikels in hierdie uitgawe

Na ʼn onverwagse afdraai in haar lewenspad het Caroline-Grace geleer om haar vrede in Hom te vind en daarna te streef om in Christus geanker te bly. Na die keurpunt van LLB-student na kunstenaar het Caroline-Grace haar geloof deur haar musiek begin uitleef en moes as ma van drie ʼn goeie balans vind tussen dié […]
Siekte, kwale of beserings is dikwels ʼn moeilike onderwerp om oor te praat. Ons lewe in ʼn gebroke wêreld waar siekte nie altyd van God af kom nie en nie noodwendig altyd as ʼn geestlike les gebruik word nie. God het wel ʼn doel met lyding. Deur in die soewerieniteit van God te glo, kan […]
Soms is ons geneig om die Bybel as individuele verse te lees en nie as ʼn boek wat in ʼn breër konteks geskryf is nie. Dit lei daartoe dat ons ons eie idees in die teks plaas, sonder om die konteks daaragter in ag te neem. Om die vers in konteks te plaas, keer dat […]
Hierdie boodskap deur J.John aan Max Immelman se ouers, skep ʼn bemoedigende beeld van wat rou werklik is. Trane is nie ʼn bewys van swak geloof nie. Dit wys die diepe liefde wat jy vir die persoon gekoester het. Soms lyk ons gebede onbeantwoord. Wanneer dinge nie verloop soos ons dit beplan het nie en […]