1,2,3,4,5,6 Winckler-vreugde

Die woelige Winckler-huis gaan in 2020 nog ’n woelwater bykry. Heinz en Aletté-Johanni, het saam met hulle drie seuns – Lian (9), Simeon (7) en
Reuben (5) – onlangs aangekondig dat die gesin met groot opwinding uitsien na die koms van ’n nuweling – of dit nou nog ’n seuntjie of ’n dogtertjie is. Die twee jongstes hou styf duim vas vir ’n sussie.