November 2026

JUIG! se November-uitgawe is werklik ’n “mondvol”! Die dringendheid waarmee ons as Christene die Evangelie moet versprei word opnuut ontdek, nuwe leidrade oor die revolusionêre soektog na Noag se ark word ondersoek, en daar word dieper gedelf in die Millennium-debat. Ons Koning se wederkoms kruip al hoe nader – is jy gereed? Die bruidegom is op pad – berei jou voor vir die bruilof van die eeue. Die draad van familie en geloof loop regdeur hierdie uitgawe en ons maak kennis met die inspirerende Georgious wat ’n tikkie soetheid na die tydskrif bring.

Die “A-span”, soos hulle bekend staan, van Mondvol koekies se bemoedigende storie vul die uitgawe met hoop en geloof. Ons voorbladartikel volg Andrew en Andriette Georgiou se lewensverhaal en die totstandkoming van die Mondvol-besigheid wat nuwe moed na ons lesers bring. Andriette se uithouvermoë en vertroue het haar teleurstelling in vreugde laat verander. Wat eers ’n newebesigheid was, het gegroei na ’n florerende onderneming.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R620 en ontvang ’n GRATIS geskenk!

Artikels in hierdie uitgawe:

Voorbladartikel:
– Andrew en Andriette Georgiou: Familie, geloof en ’n ‘mondvol’ koekies

Nuus:
– Wie’s in die nuus?
– Algemene nuus
– Vure van herlewing – terugvoer oor die nasionale dag van gebed
– Reini se staptog bereik merkwaardige mylpaal van 4 000 km

Artikels:
– ’n Wond mag deel van jou storie word ... dit hoef nie jou identiteit te word nie
– Verbasende dinge – Maretha Maartens
– Verwerping, onvervulde verlange en die genade van God
– Om Jesus te ken en vir sy wederkoms voor te berei
– Getrou tot die einde
– Die Millennium
– Die vraag is nie wanneer nie – dis of jy gereed is
– Heroorweeg die behandeling van kroniese pyn
– Wonderbaarlike verlossing in Indonesië
– Het navorsers regtig Noag se ark gevind?

Reekse:
– God se vingerafdrukke: Die wonder van bye
– Wat sou jy doen?
– Het jy geweet?
– Karakters van die Bybel: Die evangelieskrywers

Sending En Getuienisse:
– Standvastige geloof dra vrug
– Van kleintyd tussen die skape
– Van bier tot Bybel
– Hoe die letter ‘P‘ TWR se bediening verduidelik
– Die brood van die lewe – iets kragtigs gebeur in Angola!
– Van korporatief tot ’n lewe van bediening

Rubrieke:
– Getrou met vandag – Redakteursbrief
– ’n Klein golf kan iemand se hele wêreld verander – Radio Tygerberg
– 3 Punte om oor na te dink: Wanneer is genoeg, genoeg?
– Dawid belei sy sonde – Herman de Kock
– Boekresensies
– Die rol van die lidmaat in ’n gesonde gemeente

Gereeld:
– Briewe aan die redaktrise
– Soek die woord
– Inkleurprent
– Toets jou Bybelkennis
– Blokraai
– Vra Val: Bybelse antwoorde op moeilike vrae

Artikels in hierdie uitgawe

Andriette en Andrew Georgiou se klein begin het in ’n groot droom en sukses verander. Elke geloofstap wat die paartjie saam geneem het, het van Andriette se besigheid, Mondvol, ’n huishoudelike naam gemaak. Andriette se inspirerende reis van MasterChef en ’n klein motorhuis-begin tot naaswenner en ’n florerende koekie besigheid bring bemoediging. Mondvol is egter […]
Hierdie onderhoud met John Bevere vat ons op reis deur Openbaring en die eindtye. Die onderwerp oor Jesus se wederkoms is iets waarna ons as Christene moet uitsien, in plaas daarvan om daaroor te stry. Sy boodskap sit hierdie in perspektief – Hoe bestee ons ons tyd? Hoe behandel ons ander? En die belangrikste – […]
Pamela en Stefan van Wyk se geloof en vertroue het hulle deur van die moeilikste jare gedra. Van teleurstellende vrugbaarheidstoetse tot twee pragtige wonderwerk-dogtertjies het beide standvastig bly vashou aan God se belofte. Hulle getuienis bewys weereens dat God se tydsberekening anders is as ons s’n en dat ons voorsiening van ons Here af kom. […]
Hierdie artikel bring besondere insig oor die verwikkelinge van die soektog na Noag se ark. Hierdie wonderbaarlike verskynsel het Christene al vir jare laat praat. Daar is video’s, foto’s en ondergrondse skanderings gedoen om die formasie te ondersoek. Is dit werklik Noag se ark? Is die vaartuig waarvan ons in Sondagskool geleer het uiteindelik gevind? […]