Andrew en Andriette Georgiou Familie, geloof en ’n ‘mondvol’ koekies

Andriette en Andrew Georgiou se klein begin het in ’n groot droom en sukses verander. Elke geloofstap wat die paartjie saam geneem het, het van Andriette se besigheid, Mondvol, ’n huishoudelike naam gemaak. Andriette se inspirerende reis van MasterChef en ’n klein motorhuis-begin tot naaswenner en ’n florerende koekie besigheid bring bemoediging. Mondvol is egter baie meer as net koekies. Die paartjie se gebed vir die besigheid is dat dit ’n positiewe invloed op mense se lewens moet hê.

Ja, Mondvol is meer as net ’n koekie – dit is ’n verbintenis wat Suid-Afrikaners saam bring. Die uitbou van Mondvol was nie maklik nie, en dit het dissipline, opofferinge en moeilike besluite geverg. Maar met Andrew aan haar sy het Andriette haar droom bewaarheid. Sy het nie ’n plan gevolg nie – sy het groot gedroom en begin. Sy het aan God se getrouheid vasgehou en die beste gedoen met dit waarmee God haar vertou het.

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.