As jy ’n ouer of grootouer is, neem jou rol ernstig op

’n Gewone gesin se buitengewone verhaal het my aan die hart geruk. Ek praat van Amram en Jogebed, hul kinders en die besonderse rol wat hulle in die verlossing van Israel uit slawerny gespeel het.

As jy ’n ouer of grootouer is, neem jou rol ook ernstig op. Jy maak priesters, profete en konings groot wat God se wil en plan vir hulle leeftyd gaan uitvoer! Mag jy ook soos Amram en Jogebed
Godsleiers grootmaak wat nasies in God se beloftes inlei!

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!