JUIG! se Desember-uitgawe is propvol Kersfees vieringe. Maar dis nie al nie – hierdie uitgawe spog met kragtige artikels en getuienisse wat lesers sal bemoedig en die gees van Kersfees in hul harte sal aanwakker. Daar is raad, daar is hoop en daar is vreugde in hierdie uitgawe. Juig! Ons Redder het gekom!
Vir hierdie maand se voorbladartikel het ons formidabele redaktrise, Gillian Fraser, ons weer herinner aan die voorreg en verantwoordelikheid wat ons as Christene het om die vreugde van Kersfees te deel. Ons klein dade van vriendelikheid kan iemand se hele siening verander. Die artikel herinner ons dat ons die Grootste Geskenk met die wêreld moet deel. Die vreugde van die Here wat in ons leef kan oor heinde en verre versprei word. Deur ons woorde en dade kan ons mense na Jesus toe lei.
Teken in op JUIG! Tydskrif vir R620 en ontvang ’n GRATIS geskenk!
Artikels in hierdie uitgawe:
Voorbladartikel:
– Juig, die Redder is hier!
Nuus:
– Wie’s in die nuus?
– Algemene nuus
– Reini neem die hoop van die kruis deur Tanzanië
Artikels:
– Ons Verlosser se geboorte in Betlehem – Elza Meyer
– Wat beteken Kersfees vir jou?
– Christus bo alles – Vrae en antwoorde oor Kersfees
– Skep herinneringe, een Kersfees op ’n slag
– Kersfees is ’n herinnering aan die hoop wat ons in Jesus het
– Geloftedag: Vandag beloof ons – Hy is ons Redder
– Die krag en geloof van ’n impi-vegter
– Die geestelike teenmiddel vir eensaamheid – Mario Denton
– Jou storie kan iemand se lewe verander. Deel dit vandag.
– VACUMED Ondersteun sirkulasie, genesing en gesonde senuwees
Reekse:
̶ God se vingerafdrukke: Wanneer die fynbos weer blom
̶ Wat sou jy doen?
̶ Het jy geweet?
̶ Karakters van die Bybel: Johannes
̶ Hoe eiendomsbelegging werklik vir 'n gesin lyk
Sending En Getuienisse:
– Standvastige geloof dra vrug
̶ My beperkings is God se moontlikhede
̶ Die Woord het vlees geword
̶ Dit was nooit vir jou bedoel nie!
̶ ’n Dankbare Desember
̶ Slavyana se kombers – ’n Prent van die lewe
Rubrieke:
̶ Kyk wat het die Here gedoen! – Redakteursbrief
̶ 3 Punte om oor te dink: Die Herder wat die deur geword het
̶ Betlehem: Die Lig van die wêreld uit ’n klein dorpie – Herman de Kock
̶ Boekresensies
̶ Gelowig maar ongered
̶ ’n Jaar van genade en hoop – Radio Tygerberg
Gereeld:
– Briewe aan die redaktrise
– Soek die woord
– Inkleurprent
– Toets jou Bybelkennis
– Blokraai
– Vra Val: Bybelse antwoorde op moeilike vra




