Deel God met jou kinders

“Ek ontvang so ’n paar maande gelede ’n vraag van iemand wat wil weet hoe sy haar kleinkind oor Jesus kan leer. Kindertjies aanvaar en luister as ’n mens met hulle oor Jesus praat, maar jy wonder altyd of the konsep regtig posgevat het,” sê Herman de Kock van Geloofstroom, ’n interkerklike jeugbediening. 

Enige ouer en grootouer sit met hierdie vraag. Dit is belangrik om die konsep van God-drie-enig met ons kinders te deel. In der waarheid is dit elke ouer se belofte om die verantwoordelikheid van Matteus 28:19 op te neem. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om uit te vind hoe om jou kinders van God te vertel. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!