Die toekan kan! Want God het dit so ontwerp

Wie het hulle nog nie verwonder aan die groot, kleurvolle snawel van ’n toekan nie? Dit is die grootste snawel-tot-liggaam-ratio van enige voël ter wêreld. Die snawel maak ± een derde van die voël se liggaamslengte uit! Met die helderkleurige, disproporsioneel groot snawel lyk die toekan kompleet soos iets uit ’n Dr. Seuss-boek.

Maar hierdie besonderse voëls is nie inwoners van ’n fiktiewe storieboekwêreld nie, hulle is inderdaad deel van ons wonderlike planeet.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!