Wat om te verwag as niemand verwagtend is nie

Volgens ’n aanlyn hoofopskrif van die BBC staar die wêreld ’n skokkende wêreldwye ineenstorting in die gesig – nie ’n ekonomiese ineenstorting nie, maar wel ’n ineenstorting van die geboortesyfer. Die BBC-artikel berig dat “die dalende geboortekoerse beteken dat bykans elke land teen die einde van die eeu ’n afname in die bevolking kan hê.” Trouens, 23 lande, onder meer Spanje, Portugal, Japan en Suid-Korea, se bevolkings kan teen 2100 gehalveer wees. 

In sy boek, What to expect when no one is expecting, meen Jonathan Last, die digitale redakteur van die Weekly Standard, dat enige land waar die geboortesyfer te laag is, oor die lang termyn ekonomiese stagnasie en sosiale agteruitgang te wagte kan wees. En dit is maar net die onmiddellike probleme. Lees gerus die artikel om uit te vind wat die Bybel oor bevolkingsbeheer te sê het.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.