Eindtyd-Apatie… Wanneer Gaan Jesus Terugkeer?

In 1970 het Hal Lindsey The Late Great Planet Earth gepubliseer. Miljoene eksemplare van die boek is verkoop en ‘n generasie is bekendgestel aan die wonderbaarlike vervulling van Bybelprofesie deur die eeue tot op die huidige tyd. Na die Tweede Wêreldoorlog, die wedergeboorte van Israel, die Sesdaagse Oorlog en wydverspreide samelewings-ontwrigting, was baie daarvan oortuig dat die wegraping voor die einde van die dekade sou plaasvind. Maar die 1970’s het gekom en gegaan, en Jesus het nie teruggekeer nie.

Toe, in die 1980’s en 1990’s, is talle Bybelprofesieboeke met titels soos Countdown to Armageddon en Final Warning wêreldwyd verkoop. Weer eens was baie mense oortuig dat Jesus voor die einde van die eeu sou terugkeer. Tog het Jesus nie gekom nie. Toe het die wêreld Y2K, terreuraanvalle en die fenomenale sukses van die Left Behind-reeks ervaar. Weer eens het dit gelyk asof Jesus enige oomblik sou terugkeer. Maar weer eens het Hy nie. En toe gebeur iets. Mense het selfvoldaan geraak…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!