Elza Meyer – ‘Suid-Afrika, ons kan nie dood spreek en lewe verwag nie’

In ’n gewigte besluit het Elza Meyer, die stigter van Turn to God, skrywer en predikant wat bekend is vir haar impakvolle Ester-konferensies, vyf jaar gelede haar tasse gepak en haar bediening en familie in Suid-Afrika agtergelaat om aan haar man se sy te wees in Saoedi-Arabië. Nou is hulle terug in Suid-Afrika en kan Elza getuig van ’n geloofreis in die vreemde en deur groot gesondheidsuitdagings om op haar kenmerkende manier woorde van hoop te spreek.

Oor God se plan vir ons land sê sy: “Ons moet bid as ons resultate wil sien. Ons kan nie dood spreek en lewe verwag nie; niemand wat kakiebos saai, oes mielies nie.”

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!