Evangelis en vriend van die Heilige Gees

“Pinkster is nie ’n denominasie nie, dit is ’n wedervaring wat elke wedergebore kind van God moet beleef,” sê die evangelis, Israel Taylor tydens ons onderhoud. As jy enigsins voel jou geestelike lewe is droog of dat jy jou eerste liefde verloor het, stel ek voor dat jy net ’n paar minute met Israel Taylor gesels. Die intense liefde (en respek) wat hy vir Jesus het en sy strewe na innige vriendskap met die Heilige Gees, maak jou dors – diep dors.

Nadat ons beleef het hoe hy ’n groep vurige CfaN-ondersteuners selfs nog meer aan die brand gepreek het – soos sy held, Reinhard Bonnke – het ons ’n verfrissend eerlike gesprek met hierdie jong evangelis gehad.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!