Geestelike én geestige pretprater

Is jou lus geblus? Is jy moeg geploeg? Vir papgeklaptheid is Elsabe Aldrich se lagdoepa net die regte medisyne. Selfs die titels van sommige van haar praatjies kielie al klaar jou lagspiere: “Van treurkoeklikheid tot triomfantlikheid”; “’n Soplepel vol hemelse bruissout”; “Vou jy of floreer jy?”; “Van sukkelend tot sukkulent” – om maar net ’n paar te noem.

Dié pretprater – soos sy haarself beskryf – gesels onder meer met ons oor humor en die gesondheidsvoordele daarvan om te skaterlag.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!