Grondonteiening: Mededeelsaamheid herstel gelykheid

Die Wêreld-Ekonomiese Forum het in ’n nuwe verslag sorgwekkende syfers oor die “stygende gety ongelykheid” bekend gemaak. In die verslag, “Working for the Few”, word gesê:
• Byna die helfte van die wêreld se rykdom is nou in die besit van net 1 persent van die bevolking.
• Die rykdom van die 1 persent rykste mense ter wêreld beloop $110 triljoen. Dit is 65 keer die totale rykdom van die onderste helfte van die wêreld se bevolking.
• Die onderste helfte van die wêreld se be-volking besit saam dieselfde as die rykste 85 mense in die wêreld.
• Sewe uit tien mense woon in lande waar ekonomiese ongelykheid die afgelope 30 jaar toegeneem het.