Is die skrif aan die muur vir Israel?

In April was die staat Israel amptelik 73 jaar oud, maar dit het onlangs nog ’n geskiedkundige mylpaal gehaal. Dit het ’n nuwe regeringskoalisie gevorm wat vir die eerste keer ooit Moslems en die Verenigde Arabiese Unie insluit.

Niks maak sin nie. Die linkses wou nooit met die regses saamwerk nie; die Arabiere wou nooit met die linkses óf regses saamwerk nie en om ’n man die eerste minister te maak wat net sewe setels uit die 120 verower het, is ’n grap. Die enigste faktor wat hulle verenig, is dat hulle nie van Netanyahu hou nie. Die haat vir hom is groter as hulle liefde vir hul land.

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om ingelig te bly oor wat tans in Israel aan die gebeur is.