Juig, die Redder is hier!

In die hoofartikel van die Desember-uitgawe word ons bewus van een ding  ̶  Kersfees bly een van die hoogtepunte in Suid-Afrika. ’n Lekker vleisie op die kole, sonskyn en kerke gevul met kersliedere. Saam met al die inkopies en familiebyeenkomste kom die geleentheid om die geluk, liefde en lig van Jesus wat tydens die feesseisoen ervaar word te deel. Die artikel herinner ons dat ons die verantwoordelikheid het om die geleentheid wat Kersfees bied ten volle te benut en die hoop wat Jesus met sy geboorte gebring het met die wêreld te deel.

Jesus as die lig van die wêreld het ons op die perfekte tyd met sy koms geseën. Dit is ons werk om aan Hom verbind te bly en te skyn sodat die goeie nuus van die Evangelie tot buite die vier mure van die kerk kan strek. Ons het werklik iets kosbaars om te deel. Iets wat geld nie kan koop nie. Iets wat vreugde na die wêreld kan bring om die grootste geskenk bekend te maak. Ons kan JUIG! Ons kan sy vreugde deel! Wat ’n voorreg.

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.