Lehane Oosthuizen

Ses jaar gelede het die Here Lehane Oosthuizen tydens ’n tyd van vas en gebed geroep om ’n professionele bergfietsryer vir Hom te word. Dit was glad nie wat sy verwag het nie. Sy en haar man is pastore van ’n kerk en sy het geen sportagtergrond gehad nie en was ook glad nie gemaklik op ’n fiets nie.

Sy is egter nou in die topvyf van die Elite-bergfiets- Olimpiese dissipline in Suid-Afrika en het ’n hele nuwe sendingveld. Lees gerus haar getuienis en wat gebeur wanneer ons God gehoorsaam en Sy plan volg.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!