’n Koersverandering

Een van ons lesers, dr. Henrietta Klaasing, lug haar mening oor die transformasie van die NG Kerk se teologiese fakulteite aan die hand van twee briewe wat sy van teologiestudente ontvang het. “Soos dit by die teologiese fakulteite gaan, so sal dit in die res van die kerk ook gaan, daarom is dit belangrik om die aard en doel van teologiese opleiding te herstel,” skryf sy. 

Sy bespreek wat op die teologiese fakulteite se webwerwe staan en verskaf ’n opsomming van die twee studente se getuienisse waarin hulle haar kommer deel. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer hieroor te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!