René Roux – Hier’s my hand

Waar daar ’n helpende hand nodig is, sal René Roux opduik, of dit nou met die Skooltassie-projek vir behoeftiges graadeentjies is, tuisversorging of gehoortoestelle vir hulpbehoewende bejaardes, die Stophongerprojek vir 8 000 honger kleutertjies of Boesemvriendinne wat borskankerlyers bystaan – die lys is lank. Die sprankelende “hoopsaaier”, digter en skrywer is die adjunk- uitvoerende hoof van Helpende Hand.

Sy praat onder meer oor roeping vs. beroep, die dood van haar pa, positiwiteit, hoe die Kerk op ’n praktiese manier ’n verskil kan maak in die gemeenskap en hoe jy as individu die hande en voete van Jesus kan wees.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!