Riana Nel is in die middel van ’n hittegolf so net na 12-uur die middag in November 1982 in Windhoek, Namibië gebore. Reeds as klein dogtertjie het sy die Here geken en liefgehad. In 2000 het sy die musiekwêreld soos ’n storm getref toe sy die gesogte Crescendo-prys gewen het. Daarna het sy behoorlik en op verskeie maniere in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf wortelgeskiet. Vandag is Riana nie net bekend as ’n talentvolle sangeres nie, maar ook ’n besonder begaafde liedjieskrywer met ’n unieke vermoë om, dikwels selfs op die ingewing van die oomblik, lirieke en melodie op roerende wyse saam te weef. Riana se identiteit en kreatiewe uitdrukking is diep gewortel in haar geloof. Haar opregtheid en bereidwilligheid om haar hart en haar lewe – die op en die af en die tussen-in – met haar gehoor te deel, stel haar in staat om op ’n diep vlak met mense te verbind… …om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!