Verantwoordelike Pastorale Sorg

n Leraar is dikwels die eerste persoon by wie daar om hulp aangeklop word wanneer daar ʼn probleem opduik, en die leraar moet dikwels moeilike kwessies hanteer waarvoor hy dalk nie opgelei is nie. Baie Bybelskole en kweekskole se studente ontvang nie voldoende opleiding op hierdie gebied nie en die student herken gevolglik nie die simptome, en weet nie hoe om die probleem te hanteer nie. Die Bybel bevat voldoende beginsels waarvolgens ons ander mense kan beraad sodat hulle genesing en herstel kan vind, maar bevoegde, verantwoordelike Bybelse berading is iets waarvoor opleiding ontvang moet word.