VRINNE Vir Vroue

Die drie vriendinne, Rouchelle Liedemann, Karien Basson en Benescke Janse van Rensburg ken mekaar al ’n geruime tyd. Benescke en Karien se paaie het by Radiokansel gekruis en dié drie het sewe jaar gelede min of meer dieselfde tyd by Radio Tygerberg 104fm begin werk. Karien en Benescke het die Drive-time slot beman en Rouchelle die oggendgleuf tussen 9:00 en 12:00.
Hulle het vroeër vandeesmaand VRINNE geloods, ’n platform op sosiale media waar vriendskappe, entrepreneurs en vroue gevier word. “Ons land is ryk is aan kreatiewe vroulike entrepreneurs,” sê Benescke “en die uitdaging vir heelwat van hulle is dat hulle nie tyd of geld het om hul produk te bemark nie. VRINNE wil daardie gaping vul.” Om dít te doen beplan die VRINNE om elke Donderdag ’n resensie-episode op hul YouTube-kanaal te laai waartydens hulle gesels oor van die produkte of dienste wat hulle gaan uittoets het.
Lees die volledige artikel in die September 2019-uitgawe van JUIG! Tydskrif.