Skeptici Beantwoord: Hoe Weet Jy Jesus Leef?

Christus se Opstanding is uiters be¬lang¬rik as die grondslag van die Christelike geloof. Dit is juis die rede waarom dit die teiken van die mees meedoënlose aanvalle is.

Wie het die steen geskuif?
Frank Morrison, ’n regspraktisyn, was absoluut toegespits daarop om te bewys dat die Opstanding nooit plaasgevind het nie. Die uiteinde van al sy vermoeiende ondersoeke was dat hy hom tot die Christendom bekeer het en ’n boek, ‘Who Moved the Stone?’ geskryf het. In die publikasie word daar oorweldigende getuienis oor die Opstanding gegee.

Bewyse wat ’n uitspraak vereis
Josh McDowell is ’n baie skeptiese universiteitsdosent wat vasbeslote was om die Christelike geloof te weerlê deur die be¬wyse teen die Opstanding te ondersoek. Die resultaat? Bekering tot die Christendom en die grootse boek ‘Evidence That Demands a Verdict’ sien die lig.

Hierin is daar volledige en afdoende bewyse wat die historiese waarhede, feitelike korrektheid, argeologiese bewyse, manuskripbewyse, vervulde profesieë, ver¬anderde lewens en ander onweerlegbare bewyse wat die Opstanding van Christus onderskryf, weergee. Thomas Arnold, Professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Oxford en een van die grootste historici van die 19de Eeu, het geskryf: “I know of no one fact in the history of mankind which is proved by better, fuller evidence of every sort, to the understanding of a fair enquirer, than the great sign which God has given us that Christ died and rose from the dead.”

Ondersoek die bewyse
Een van die mees gerekende regspraktisyns ooit en vader van die Harvard Law School, Simon Greenleaf, word as die mees gesaghebbende persoon gereken t.o.v. wat geldige bewyse in enige regsaak is. Hy het ’n baie deeglike studie van die objektiewe bewyse en getuienis van die vier Evangelieskry¬wers, Matteus, Markus, Lukas en Johannes gemaak en ’n boek daaroor gepubliseer – ‘The Testimony of the Evangelists’ (Baker, 1874).

Daarin het hy tot die gevolgtrekking gekom: “It was impossible that they could have persisted in affirming the truths they have narrated, had not Jesus actually risen from the dead, and had they not known this fact as certainly as they knew any other fact.” Simon Greenleaf het ook verklaar dat enige geregshof, indien die bewyse voorgelê sou word, uitspraak sou lewer ten gunste van die integriteit en akkuraatheid van die Evangelieskrywers oor die Opstanding. Een van die gewildste boeke wat ooit geskryf en een van die suksesvolste films wat ooit geproduseer is, ‘Ben Hur’, was die gevolg van die skeptiese uitdaging aan Generaal Lew Wallace oor die betroubaarheid van Christus se Opstanding en die noukeurige ondersoek van die bewyse daarvan.

Wat is die ware feite?
Die godsdienstige leiers, die Fariseërs en Sadduseërs, wat ’n veldtog gelei en saamgesweer het om Christus te arresteer en triomfantelik tereggestel het, het groot belange gehad in die weerlegging van enige aanspraak op die Opstanding. Hulle het gedink dat die teregstelling van Jesus die bedreiging van hulle godsdienstige magsbasis sou elimineer en Sy ondersteu¬ners vir ewig sou stilmaak.
Hulle was grootliks bekommerd oor die Liggaam van Jesus en het die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, vir militêre hulp genader ten einde die graf te beveilig. (Matt 28:62-64). Die Romeinse goewerneur se belange was om die oproerige Palestina-provinsie se vrede en stabiliteit te herstel.

Hy het die politieke probleme wat uit hierdie situasie met die godsdienstige Leermeester, wat hy drie keer onskuldig verklaar het, kon voortvloei, erken. Uiteindelik het hy sy hande voor die skare gewas en ver¬klaar: “Ek is onskuldig aan die dood van hierdie man. Dit is op julle rekening.” Matt 27:24. Pilatus was maar té bewus van die bespotting wat daar van die gereg gemaak is en die laaste ding wat hy nodig gehad het, was ’n hersiening van sy skandalige gedrag en die ontduiking van verantwoordelikheid en plig in hierdie saak. Deur seker te maak dat die liggaam in die graf bly, was daarom definitief in Pilatus se politieke belang. “Hier is ’n wag vir julle. Gaan beveilig die graf so goed as moontlik.” Matt 27:65.

Die Romeinse wag
Omdat die hoëpriesters die Romeinse goewerneur genader het, en omdat die Griekse woord ‘Koustodia’ gebruik word om ’n afvaardiging van soldate te beskryf, wás dit dus ’n Romeinse wag voor die graf. As slegs ’n tempelwag gebruik is, sou dit nie nodig gewees het om Pilatus daaroor te nader nie. Die kommer van die wagte om na die Opstanding beskerm te word teen gevolge daarvan deur die goewerneur (Matt 28:14), bevestig dat die wagte by die graf inderdaad Romeinse wagte was. Die afvaardiging sou uit ten minste 16 soldate bestaan het – met vier soldate direk voor die ingang na die graf per keer aan diens. Die Romeinse militêre wet het vereis dat enige wag wat sy pos sou verlaat of wat aan die slaap sou raak tydens sy wagbeurt, gekruisig sou word.

Enigiemand wat die Romeinse seël sonder toestemming sou breek, sou agtervolg en tereggestel word. Alhoewel die voorneme van die godsdienstige en politieke leiers was om seker te maak dat hierdie hele ‘Jesus-fenomeen’ by die graf sou eindig, het hierdie buitengewone veiligheidsmaatreëls net die waarheid, dat hulle ’n onskuldige man vermoor het en dat Jesus Christus waarlik die Messias, die Seun van die Lewende God was, bevestig.

Misleidende teorieë
Ten einde die leë graf te verduidelik, moes die vyande van die Evangelie desperaat na misleidende teorieë gryp. Die eerste een was om voor te gee dat die dissipels die liggaam gesteel het.

Dié ongelooflike teorie gee voor dat dieselfde dissipels wat in die tuin geslaap, tydens Sy arrestasie gevlug, voor die jong diensmeisie ontken en bang agter toe deure weggekruip het, gesamentlik 16 professionele Romeinse wagte kon oorval, dit durf waag het om die Romeinse seël van die graf te breek en ’n twee-ton-rots beweeg het net om ’n liggaam te steel! ’n Dooie Messias sou tog mos geen doel vir die dissipels hê nie. Wat kon die moontlike motivering wees indien hulle die wagte kon oorval en die politieke en logistieke hindernisse kon oorkom? Hulle het absoluut niks gehad om te wen nie, maar kon alles verloor. Elkeen van die dissipels het onder ernstige vervolging gely en die meeste het as martelare gesterf. Sou jy vir ’n leuen sterf?

Het Jesus waarlik gesterf?
Ander weer bevraagteken die feit dat Christus werklik aan die Kruis gesterf het. Moontlik het Hy net flou geword? Hierdie ‘flou’ teorie wil ons laat glo dat die Romeinse soldate wat professionele moordenaars was (die hoofman oor honderd het heel waarskynlik oor meer as honderde teregstellings toesig gehou), gefaal het in hul pogings om seker te maak dat hierdie hoë-profiel-gevangene waarlik dood is.

As die wreedaardige geseling wat Jesus moes deurmaak, die verskriklike kruisiging en die spies in Sy sy, waar water en bloed uitgevloei het, in gedagte gehou word; dan is dit oortuigende en genoegsame bewys dat Hy werklik gesterf het.

En tog, die voorstaanders en verkondigers van hierdie ‘flou’ teorie wil ons laat glo dat die Een wat soveel kon verduur, nie net die Romeinse militêre doeltreffendheid oorwin het nie, maar ook opwekking van ’n koue klipblad in ’n koue graf ervaar het. Verder het Hy ook nog van die grafklere, een honderd pond speserye, salwe en toedraaidoeke wat Hom effektief sou mummifiseer en die twee-ton-rotsblok ontslae geraak asook die Romeinse soldate ontwyk. Én Hy sou nog steeds die dissipels met Sy Godheid beïndruk? Hierdie dinge kan bloot net genoem word en die belaglikheid daarvan word onmiddellik duidelik.

Die leë graf
’n Ander desperate poging om die Opstanding weg te redeneer, is om te sê dat hulle – Maria Magdalena, Petrus, Johannes, die ander vroue, almal na die verkeerde graf gegaan het. En op ’n manier het nie die Fariseërs, die Sadduseërs, die Romeinse soldate of Josef van Arimathea, wie se graf dit was, daaraan gedink om daarop te wys dat die regte graf nog steeds die liggaam bevat het nie! Hierdie teorie is egter net so vergesog, want die graf was nié in ’n begraafplaas nie, maar in ’n tuin wat in die privaatbesit van Josef van Arimathea was. Daar was geen ander graf in dié tuin nie!

Die afwesigheid van die liggaam
Al wat die Romeinse en Joodse leiers van die dag moes doen om die Christendom te beëindig, was om ’n liggaam as bewys na vore te bring. En hulle kon nie! Selfs toe die Apostel Petrus die dag met die uitstorting van die Heilige Gees opgestaan en verklaar het: “Die hele Israel moet dus verseker weet: God het hierdie Jesus wat júlle gekruisig het, Here en Christus gemaak!” Hand 2:36. “Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus…” Hand 4:33. Duisende in Jerusalem, insluitend baie Fariseërs, het daar tot geloof gekom.

Die geloofwaardigheidskrisis
Dit was vir die Joodse godsdienstige leiers die grootste nagmerrie – ’n ramp! Die ver¬klaring van die Opstanding van Christus het dus hul mag en geloofwaardigeheid ondermyn. Duisende van hulle volgelinge het geglo dat hulle ’n onskuldige man – die Messias – ter dood veroordeel het. Dié nuwe godsdiens het hul magsbasis ondermyn. Indien die liggaam van Jesus gevind sou kon word, sou die Christendom daar en dan tot ’n einde gekom het en die bedreiging wat dit vir die godsdienstige leiers ingehou het, sou beëindig wees. Omdat hulle die liggaam so dringend nodig gehad het om hul eie saak te bevorder, sou hulle alles in die stryd gewerp het om die liggaam te vind – indien dit hoegenaamd moontlik was.

Die ooggetuies
Ons het egter nie net met die leë graf en die afwesigheid van die liggaam te doen nie, maar ook met die verslag van die ooggetuies. Op ten minste twaalf verskillende geleenthede is Jesus gesien nadat hy uit die dood opgestaan het.

Maria Magdalena (Joh 20:11-18; Mar 16:9), die ander vroue (Matt 28:8-10), Petrus (Luk 24:34); die twee Emmaus-gangers (Luk 24:13-35), tien dissipels (Luk 24:36-43; Joh 20:19-24); al elf dissipels agt dae na die opstanding (Joh 20:24-29); sewe dissipels by die See van Tiberias (Joh 21:1-23), tot 500 mense op ’n keer (1 Kor 15:6), Jakobus (1 Kor 15:7), aan al elf dissipels, en ander, tydens Hemelvaart (Hand 1:3-12), Paulus (Hand 9:3-8) en Johannes (Openb 1:12-18) het almal die Here Jesus gesien nadat Hy opgestaan het. Om dié getuienis ‘weg te verduidelik’, probeer die vyande van die Christendom voorgee dat dit bloot hallusinasies, of dalk die gevolg van hipnose of histerie, was. Hallusinasies blyk unieke psigologiese ervarings van enkele individue te wees, terwyl ons hier met groot getalle mense, wat op verskillende tye, in verskillende groepe en plekke, binnens- sowel as buitenshuis, op pad en by ’n meer, die Here Jesus gesien het. Hulle het saam met Hom geëet, Sy wonde gesien en ook die wond in Sy sy gesien. Ver van liggelowig, was Sy dissipels skepties en stadig om te glo dat dit werklik Hy was. Thomas het selfs verklaar dat Hy nét sal glo indien hy persoonlik sy vingers in Jesus se wonde aan Sy hande, voete en sy kon druk.

Veranderde dissipels
Ons het nie nét die verslae van ooggetui¬es nie, maar ook die dramatiese verande-ring van die dissipels self as bewys. Die Opstandig van Jesus het hulle rou in vreugde ver¬ander. Hul lafhartigheid in vrymoedigheid en hul skeptisisme in geloof. Hulle was ook vasbeslote en gedetermineerd. Saulus, die vervolger van die kerk, het in Paulus, dié apostel van die kerk, verander. Dit het ook die gemeenskap en die geskiedenis verander. Dit het die Joodse Sabbat in die Christelike Dag van die Here verander. Die Opstanding het die Joodse oorblyfsel in die wêreldwye Christelike Kerk verander. Meer as 2 biljoen mense wêreldwyd beskou hulself as Christene wat in die Opstanding van Jesus Christus glo. Jesus het Self geprofeteer dat Hy uit die dood gaan opstaan. En omdat dié profesie vervul is, kan ons absoluut se¬ker wees dat Jesus Christus God met ons is, soos wat Hy gesê het. Ons kan dus weet dat ons sonde deur Sy bloed wat aan die Kruis op Golgota ge¬vloei het, vergeef is.

Opstanding bring die Ewige Lewe
Juis op grond van Sy dood aan die Kruis kan ons ons verheug – ons sonde is vergewe, geregverdig deur geloof. Op grond van Sy Opstanding uit die dood kan ons uitsien na die ewige lewe. Sy Hemelvaart verseker ons van die feit dat Hy oor ál die gesag beskik en dat Hy Sy groot Opdrag op aarde uitgevoer het. Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag maak dit vir ons moontlik om nie meer op ons eie vermoëns staat te maak nie, maar in Sy krag alleen. Ons dien ’n Opgestane Heer en Redder! Die dood is oorwin. Christus het opgestaan – oorwinnend oor die dood, hel, satan en die graf. Hy is die Opstanding en die Lewe! (Joh 11:25).


Egskeiding: Is Daar ’n Christen-alternatief?

As regspraktisyn het ek gemiddeld vier na vyf egskeidings maandeliks deur die hofstelsel ‘geprosesseer’. Dit het gewoonlik met soveel seerkry en bitterheid gepaard gegaan en dit was een deel van die regspraktyk wat my die meeste bekommer het omdat dit selde, indien ooit, enige probleem opgelos het. Dit was asof mense net eenvoudig een stel omstandighede vir ’n ander wat nog minder geskik was, verruil het.

Ons weet almal dat dit baie maklik is om deesdae in ons howe ’n egskeiding te verkry
Al wat jy nodig het om te doen, is om ’n verklaring by die hof in te dien dat jou huwelik onherstelbaar verbrokkel het en die hof sal dan die egskeidingsbevel toestaan. Jy behoort jouself egter af te vra: Het my huwelik in God se oë werklik verbrokkel? Mag die mens werklik skei dit wat God saamgevoeg het? Almal begin die huwelik met die idee dat hulle nooit gaan skei nie en hul maats gaan liefhê ‘tot die dood ons skei’.

Gebrokenheid
En tog eindig meer as die helfte van ons huwelike in die egskeidingshof. Mense verkies dit nog steeds om in ’n kerk te trou; selfs al is dit die enigste keer in hul lewens dat hulle voet binne ’n kerkgebou sit. Daar heers tog nog ‘n verstandhouding onder nie-Christene dat die huwelik deur God ingestel is en deur God geheilig behoort te word. Gedurende my tyd as egskeidingsregskundige het ek ontdek dat die mens (of ons howe) nie regtig kan skei wat God saamgevoeg het nie.

Die onderskeie partye bly verbind ten spyte van die bevel van die hof en hul bly in ’n lewenslange verbintenis. Die dinamika van die verhouding het egter verander en die intimiteit van die huwelik is geskend. Die verhouding word dikwels as iets wat klaag-lik misluk het in die harte en gemoedere van die betrokke partye en hul kinders gegraveer. Daar is ook dikwels ’n groot klomp onvergewensgesindheid en die kinders van hierdie huwelike dra hierdie gebrokenheid oor in hul lewens en eie verhoudings.

Soek opreg na God se wil
Ek wil een en elkeen wat egskeiding oorweeg, aanmoedig om ernstig na God se Wil vir jou lewe en die omstandighede waarin jy jou bevind, te soek. Niks is ooit by God onmoontlik nie. Die beste raad wat ek ooit ontvang het, was dat jy moet leer om te vergewe – nie net dit wat verkeerd geloop het in die verlede nie, maar ook dit wat in die toekoms gaan gebeur. Dit beteken dat jy jou maat vryspreek. Jy sal vind dat die hardheid wat in jou maat se hart teenoor jou mag wees, versag indien jy dit doen. Dit sal die begin wees van die restourasieproses in jou verhouding. Jy moet ook ’n doelbewuste besluit neem om nie die natuur¬like instink te volg en ‘uit’ die huwelik te wil kom nie.

Besluit opnuut
Jy behoort ’n nuwe besluit te maak om jou huwelik te laat werk. Slegs indien hierdie besluit geneem word in die atmosfeer van ware vergifnis vir wat jou huweliksmaat ook al gedoen het, of selfs nog in die toekoms ook mag doen, kan God begin werk maak om wonderwerke te laat plaasvind. God sal dan ook begin om vir jou te wys waar jy moontlik verkeerd gedoen het, of Hy mag moontlik selfs in ander areas van jou lewe wat ’n probleem in julle verhouding was, inspreek.

Een stappie nader
Indien jy opnuut ’n besluit neem om die huwelik te laat werk, is jy reeds een stappie in die regte rigting en God sal dit eer. God sal jou help wanneer jy moontlike terugslae beleef of seer ervaar. Jy sal ook aan die einde van hierdie lang en stamperige pad vind dat jou huwelik moontlik goed herstel het en beter is as wat jy ooit kon dink. Jy mag ’n rykheid in jou verhouding ontdek wat jy nie geweet het bestaan nie en wat jy nie gedink het moontlik is nie.


Die Midde-Oosterse Krisis

Die getygolwe van protes en opstande wat oor die Arabiese wêreld spoel, stuur ’n waarskuwingsboodskap aan die wêreld. Meer as ’n miljoen betogers wat dag na dag in die strate van een enkele hoofstad krete en slagspreuke skree en daarop aandring dat die outoritêre leiers, van wie sommige al vir dekades in beheer is, moet bedank, het skokgolwe deur die wêreld gestuur en oral konsternasie veroorsaak.

Die katalisator: protes in Tunisië
Tunisië was die eerste bousteen wat getuimel het. Dié land was al dikwels by onreëlmatighede betrokke: dit was die eerste Arabiese land wat slawerny verbied het, en ook die eerste Arabiese land wat poli¬gamie in 1956 afgeskaf het. Nou, in 2011, is dit die eerste Arabiese land wat ’n diktator sonder enige hulp van die buiteland, uit die kussings gelig het. Die absolute ontploffing van openbare woede oor die blatante korrupsie en skerp prysstygings het vroeg in Desember aanleiding gegee tot die aanvanklike betogings. In Januarie het die skielike vlug van President Ben Ali na Saoedi-Arabië nadat hy 23 jaar diktatoriaal geregeer het, die terugkeer van die uitgewekene, Rachid Ghannouchi, moontlik gemaak en het hy tussentyds die regering van die land oorgeneem. Hierdie tussentydse regering bestaan egter uit verskeie ministers van die vorige bestel en die eko¬nomiese krisis wat aanleiding gegee het tot die aanvanklike ontevredenheid, bestaan steeds.

Verdere opstande en onstabiliteit kan dus verwag word. Alhoewel Tunisië geen geskiedenis van Islamitiese fundamenta¬lisme het nie, poog radikale groepe, soos die Moslem Broederskap, om die onstabiliteit uit te buit en die gewilde rewolusie te skaak ten einde Tunisië van ’n grootliks sekulêre land na ’n uiters radikale Islamitiese bewind om te skakel.

Die val van die Egiptiese regering
Die relatiewe stabiele politieke bestel van langer as 29 jaar onder President Hosni Mubarak het tot ’n skielike einde gekom. Mubarak se regering was meestal sekulêr. Islamitiese groepe het egter grootliks oor die afgelope 20 jaar in sterkte gegroei – t.s.v. die wrede onderdrukking deur die Mubarak-regering. T.s.v. die verbod op die deelname van enige godsdienspartye in die parlementêre verkiesings, het die radikale Moslem Broederskap 20% van die setels verower deurdat hul kandidate as onafhanklikes gestaan het en verkies is. Sedertdien het die Mubarak-regering hul aantal setels beperk deur die opsluiting van ’n hele aantal van die Moslem Broe-derskap se parlementslede. Egipte is die tuiste van die oudste beskawings ter wêreld en is sonder enige twyfel die belangrikste Arabiese land – dit het die grootste be-volkingstal van enige Arabiese land: 84 miljoen – en Islam is die staatsgodsdiens. Daar is egter ook 10 miljoen Christene, meestal Kopties-Ortodoks, wat 12% van die be¬volking is. Vir langer as ’n duisend jaar was Egipte ’n grootliks Christen-land, selfs na die Arabiese Moslem verowering in 640 n.C. Dit is feitlik ongelooflik dat die Egiptiese Kerk 14 eeue van Islamitiese diskriminasie en vervolging oorleef het. Geweld teenoor Christene in Egipte het oor die afgelope 10 jaar egter dramaties toegeneem.

’n Islamitiese ontwaking
’n Islamitiese oorname in Egipte sal vir ’n groot krisis sorg omdat hierdie land soveel invloed en mag in die vredesproses met Israel het. Egipte is Amerika se sleutelbondgenoot en was die eerste Arabiese land wat vrede met Israel gesluit het. Die lewensbelangrike Suez-kanaal word deur Egipte beheer. Iran en Egipte het alle diplomatieke bande na die 1979-Rewolusie verbreek vanweë Kaïro se vredesverbond met Israel.

Die Ayatollah Ali Khamenei het selfs die onrus in Kaïro met die tydperk voor die Iranese Islamitiese Rewolusie van 1979 vergelyk. Hierdie opstande in Egipte is deur die Iranese as ’n ‘Islamitiese Ontwaking’ beskryf wat tot die totstandkoming van ’n Islamitiesbeheerde Midde-Ooste, gelei deur Iran en toegewy daaraan om Israel tot ’n val te bring, kan lei.

Vervolging van Christene
Tesame met hierdie getygolf van Islamitiese fanatisisme in die strate in die Midde-Ooste, is daar ’n skerp toename in die geweld¬dadige vervolging van Christene. Honderde Christene is in gewelddadige aanvalle op Christen-kerke en –woonbuurte, veral in Irak en Egipte, gewond of het gesterf.

Tienduisende Christene maak gereed om uit die land te vlug. As in ag geneem word dat hierdie Christene uit gemeenskappe stam wat baie eeue van Islamitiese vervolging oorleef het, net om vandag ontwortel te word, is dit ’n duidelike bewys hoe ernstig hierdie nuwe golf van vervol¬ging deur radikale Moslems is.

Die toenemende steun vir radikale
Met hierdie krisis wat regoor die Arabiese wêreld toeneem, staar Westerse regerings hul eie probleme in die gesig. Vir reeds baie jare is Westerse regerings en media besig om die liberale mantra – die grootste meerderheid Moslems is gematig en gekant teen terrorisme – te herhaal. Dit blyk nou ’n selfmisleidende fantasie te wees. Opnames in Egipte het getoon dat 59% Egiptenare Islamisme steun en 50% van die Egiptiese bevolking steun die radikale Hamas terro¬ristegroep. 30% steun die selfs meer radikale Al Qaeda-beweging en 95% van die bevolking wil groter Islamitiese inspraak in die politiek hê.

Die Westerse liberale voorstel vir feitlik enige soort probleem wêreldwyd, naamlik ’n stembus-demokrasie, gaan doodeenvoudig net nie in die Midde-Ooste werk nie. Nadat die Amerikaners daarin geslaag het om Saddam Hussein se diktatorskap in Irak deur militêre ingryping te laat wankel en die eerste demokratiese verkiesings in daardie land te laat plaasvind, was meer radikale Islamiete in beheer en was daar baie meer vervolging van Christene in Irak as ooit tevore.

Lynregte opposisie
President George W Bush het in 2003 ver¬klaar: “Are the peoples of the Middle East somehow beyond the reach of liberty? Are they alone never to know freedom…?” Die Islamitiese godsdiens is in lynregte opposisie met die Westerse wêreldbegrip van vryheid. Dit is óf Islam wat moet sterf, óf vryheid kom tot ’n algehele einde.

Die Islamitiese vryheidskonsep toon nie eens raakvlakke met die Westerse vryheidskonsep nie. Ibn Arabi, ’n gerekende Islamitiese geleerde, het vryheid gedefinieer as: ‘perfekte knegskap/slawerny’ aan Allah. Die Moslem-definisie van vryheid is onderdanigheid/onderwerping aan die Shari’a-wet. ’n 2010-Pew-meningsopname asook die University of Maryland/World Opinion.org-opname het bevind dat 84% van die Egiptiese bevolking ten gunste van die doodstraf vir afvalliges (die wat verkies om die Islamitiese geloof vaarwel toe te roep) is. Die feit dat 90% t.g.v. ‘Godsdiensvryheid’ is, is geensins ’n weerspreking na Moslem-mening nie, want godsdiensvryheid is, volgens hulle, ondergeskik aan Islam. Vir Westerlinge is vryheid presies die teenoorgestelde. Ons praat dus baie duidelik nie dieselfde taal nie.

’n Duidelike, teenwoordige gevaar
Die gevaar van die skaking van die Egiptiese rewolusie deur die Moslem Broederskap, een van die venynigste Islamitiese terroriste-organisasies ter wêreld, om Egipte in ’n Islamitiese land, geskoei op die Iranese lees, te verander en sodoende die radikale Islam wêreldwyd te vestig, is in die afsienbare toekoms ’n baie duidelike en immer teenwoordige gevaar.

Egiptiese regeringsleiers het openlik hul verbasing oor hoe Amerika se President Obama hul ten gunste van die Moslem Broederskap verraai, verklaar. Alhoewel burokrasie en korrupsie hoogty vier, was Mubarak ’n stoere VS-bondgenoot en het biljoene dollar in militêre hulp ontvang. Sy administrasie word reeds baie lank as die grootste enkele stabiliserende mag in die onbestendige Arabiese wêreld beskou. T.s.v. die radikale verklarings en wrede verlede, het talle Westerse regeringsleiers uit hul pad gegaan om te verklaar dat die Moslem Broederskap ’n ‘mag vir matigheid’ in Egipte is en nie vir gewelddadige uiterstes nie!

’n Anti-Westerse rewolusie
Die leier van die Jordaniese Moslem Broe¬derskap, Hammam Saeed, het gewaarsku dat die die rewolusie in Egipte regoor die Midde-Ooste kan versprei totdat die Arabiere daarin geslaag het om alle leiers wat bondgenote van Amerika en Europa is, tot ’n val te bring. Die magsbalans van die Midde-Ooste staan op die punt om hewig geskud en in die proses heropgestel te word. Met die Withuis wat die Moslem Broe¬der¬skap steun, berei Israel homself op die ergste voor.

Na jare se verduring van die ‘kassam’ missiel-aanvalle vanuit die Gaza-strook, vrees Israel nou dat hulle stede en dorpe die volle spit van die Iranese aanval sal moet afbyt – indien Iran Amerika as Egipte se be¬langrikste militêre verskaffer vervang.

Botsing van beskawings
Sedert die 1978-Camp David-vredesoor¬eenkoms tussen Egipte en Israel, het belastingbetalers in die VSA reeds VS $ 63,7 biljoen dollar as hulp aan Egipte betaal. Israel vrees nou dat Egipte, saam met Hamas, Hezbollah en ander terroristegroepe, deel van die Iranese ooreenkoms in die Midde-Ooste kan word. Die oorname deur ‘n Moslem Broederskap in Egipte in die toekoms sal die oplegging van die Shari’a-wet, die drastiese vervolging van Christene en openlike vyandigheid teenoor Israel inlui. Israeli Eerste Minister, Benjamin Netanyahu het die Knesset gewaarsku dat die toekoms van Egipte en Egipte se bande met Israel, in die weegskaal is. “Ons het twee verskillende wêrelde hier, twee teenoorgesteldes, twee wêreldbeskouings – die van die vrye demokratiese wêreld en die van die radikale wêreld. Watter een hiervan gaan in die toekoms in Egipte die oorhand kry? Die antwoord hierop is uiters belangrik vir die toekoms van Egipte, van die hele streek en ons eie Isael,” het hy gesê.

Demokratiese eksperimente in die Arabiese wêreld
Vir baie Westerlinge wat baie min van die Midde-Ooste weet, mag die nuus van massaprotes teen diktatorskappe en oproepe tot demokrasie, na goeie verwikkelinge klink, maar in sommige Midde-Oos¬terse lande waar daar ‘n sekere mate van demokrasie bekendgestel is, slegs op tydelike basis, was dit die radikale Islamiete wat die meeste setels verower het. Toe Bahrein verkiesings gehou het, het die Islamitiese partye die meeste setels verower.

Toe verkiesings in die Gaza-strook plaasgevind het, het die Islamitiese terreurgroep, Hamas, die meeste stemme verower. Die Moslem Broederskap in Egipte is vas oortuig dat die meerderheid van die inwoners van Egipte vir hulle in die toekomstige ver¬kiesing sal stem.

Islamitiese kalifaat
Diegene wat Islam en die Midde-Ooste verstaan, waarsku dat demokrasie wel ver-andering sal bring, maar beslis in die vorm van ‘n nagmerrie – ‘n Islamitiese golf wat van Pakistan in die Ooste tot by Marokko in die Weste strek. ‘n Pan-Arabiese Kalifaat, waar die woord ‘Islamities’ nie bloot net die snelskrif vir terroris sal wees nie, maar die amptelike regeringsbeleid, selfs in hoofstede soos Kaïro, sal omskryf. Indien Europese en Amerikaanse amptenare bekommerd is oor die verwikkelinge in die Midde-Ooste, kan ‘n mens maar bloot net bespiegel wat politici en militêre bevelvoer¬ders in Israel dink. Die Moslem Broederskap het hul voorneme te kenne gegee dat, sou demokrasie Egipte se kant toe kom, hulle die bewind sal oorneem.
Hulle het dit ook baie duidelik gemaak een van die eerste dinge wat sal gebeur, die nietigverklaring van die 1979-Egipte-Israel-vredesverdrag sou wees. Dié aksie alleen sal hierdie streek in verdere en dodeliker onstabiliteit dompel.

‘n Ernstige gebedsoproep
Die fundamentele en skynbaar onversoenbare verskille tussen die meeste Israeli’s en die Arabiere, hou in dat slegs een enkele konfliksituasie na naburige lande, soos Libanon en Sirië, kan oorspoel. Baie is van mening dat so ‘n oorlog onafwendbaar is. Christene behoort aan die hand van Operation World – The Definitive Prayer Guide To Every Nation se riglyne te bid.

Ons behoort veral gebede van ons gemeentes op die Christene wat onder geweldige aanslag in die Midde-Ooste is, te laat fokus, asook te bid vir toenemende sendingpogings om Moslems vir Christus te bereik. “Nie deur krag en geweld nie, maar deur My Gees spreek die Here God Almagtig.” Sag 4:6


Demone: Wat Sê Die Bybel?

Die bose gees-wêreld is ‘n werklikheid of ons dit nou wil weet of nie. C. S Lewis het eenkeer geskryf: “Daar is twee gelyke, maar opponerende fla¬ters wat ons geslag aangaande die bestaan van demone kan begaan. Die eerste is om ongelowig te wees rondom hul bestaan. Die ander flater is om ‘n oordrewe en ongesonde belangstelling in hul te hê”. (Lewis: 1960). Ten spyte van hierdie waarskuwing vind ons heelwat mense wat juis dít doen. Wat sê die Bybel daaroor?

Bybel word dikwels gereduseer
Vir ons as Christene is die Bybel die finale woord wat dit betref – aangesien dit ons primêre bron van inligting rakende die boosheid in hierdie wêreld is. Die Bybel is die enigste geïnspireerde skrif bekend wat die oorsprong en teenwoordigheid van die bose deeglik en akkuraat verduidelik. Dit is waar die probleem lê.

Daar is sommige in Christen-kringe wat graag lae van Bybelse openbaring daar wil stel (soos ‘n kanon binne ‘n kanon) veral as dit kom by ‘n saak soos dié. Sekere gedeeltes word gereduseer tot mite of bygeloof en ander as betroubare kernwaarhede ooreenkomstig wat aanvaarbaar sal wees vir die kultuur van die tyd. Die hui¬dige kultuur sal dan bepaal wat aanvaarbare waarheid sal wees, al dan nie – sê hulle. Afhangende van die populêre mening in die veranderende kultuur, kan God aanvaarbaar wees, maar die duiwel en sy demone definitief nie. Daar blyk vir hulle geen probleem te wees met konsekwentheid in terme van hierdie benadering tot die Skrif nie. Hulle wat sê dat ons samelewing Kersvader, die tandmuis en demone ontgroei het, kan op een of ander manier saamleef met die gedagte dat God wel daar is. “Hoe so? Op grond waarvan?”, sou ons kon vra. Sekerlik sal die tyd ook aanbreek dat ons dit ook sal ontgroei, soos sommige reeds gedoen het. Dan sal daar nóg ‘n laag interpretasie-betroubaarheid tot die Bybel toegevoeg word. Die Evangeliese Christen aanvaar die Bybel as geheel as die hele waarheid, soos geopenbaar deur die Heer aan sy volk. Die gedeelte, “Die hele Skrif is deur God geïnspireer… om in die waarheid te onderrig” 2 Tim 3:16 (NAV), be¬vestig duidelik die gesag van die Skrif.

Feitelike waarhede
In hierdie lig openbaar die Bybel as feitelike waarheid geleenthede waar Jesus met die bose geeste afgereken het, as werklike en reële historiese gebeure is en nie eenvoudig net iets wat opgedis is om ‘n kultuur te akkommodeer wat nog in dié soort van ding ‘geglo’ het nie. Christene weet ook dat Bybelse waarhede nie gebaseer is op die een¬voudige lees van enkele bewystekste nie, maar gevind word in die teologie verkry uit die bedoeling van die héle Skrif. Vind ons dan ‘n plek vir demone binne die raamwerk van ‘n Byblese teologie? Bybelse teo¬logie gee duidelike verantwoording vir die bestaan van boosheid deur dit toe te skryf aan die doen en late van die duiwel en sy trawante, die demone, reeds van die begin af (Gen 3:1-3). Dit help nie om boosheid eenvoudig te herlei na ‘n blote abstrakte filoso¬fiese idee of indruk nie, omdat abstrakte konsepte nie fisiese lyding veroorsaak nie. Dit werk eenvoudig nie so nie.

Koms van die Koninkryk
Een van die sleutelsake rondom die koms van Christus na hierdie wêreld was inderdaad die koms van die Koninkryk van God. Johannes die Doper het die weg voorberei met die prediking, “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom” Matt 3:1,2 (NAV). Met Jesus se koms, het die Koninkryk gekom. Hy het gesê: “Aangesien Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, het die Koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom”. Matt 12:28 NAV. Jesus het die verslaan van die demone gekoppel aan die koms van die Koninkryk.

Hy stuur die 12 dissipels uit met die opdrag: “Gaan verkondig: ‘Die koninkryk van die hemel het naby gekom’. Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf duiwels uit.” Matt 10:7,8 (NAV). Nouliks kan daar ‘n helderder prentjie van die heerskappy van God wees, wat deurbreek in hierdie werklikheid, as wanneer die mag van die bose oor ‘n mens gebreek word. Dit sal ‘n aanduiding wees van die heerskappy van Christus wat in heerlikheid oor die gebroke mensdom gevestig word.

Ryk word vernietig
Egte Bybelse teologie vereis dat ons verstaan dat die Here Jesus gekom het om die Koningkryk van God op aarde te vestig. Verlossing uit die greep van die bose. Die uitdryf van demone vorm deel van die verskynsel van tekens wat aandui dat daardie Koninkryk opgerig is. Weinig kan groter heerlikheid aan God gee as wanneer die Koninkryk deurbreek in hierdie werklikheid deurdat iemand bevry is van demoniese gebondenheid.

Daar staan in 1 Joh 5:19: “…dat die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is.” (NAV) maar as die een wat sterker is, kom, sal hy die sterk man aanval en hom oorwin. (Luk 11:22). Jesus is die een na wie hier verwys word as die ‘een wat sterker is’ wat die sterk man (die duiwel) sal ver¬slaan. Siekte, leiding, pyn en demoniese gebondenheid is alles tekens van die ryk van die sterk man, die bose. Daardie ryk word vernietig wanneer iemand genees of bevry word. In so ‘n geval het die Koninkryk sigbaar gekom.

Kernelement van Christelike geloof
Die koms van die Koninkryk is waaroor alles gaan. Deur die ontkenning van die bestaan van demone, word ‘n kernelement in die breëre teologiese raamwerk van die Christelike geloof verwyder, wat so helder en duidelik volle betekenis gee aan die koms van Jesus na hierdie wêreld. “En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.” 1 Joh 3:8 (NAV).

Demoniese gebondenheid is, volgens die Skrif, bewys van die bose se heerskappy oor die mens. Die breek van daardie gebondenheid demonstreer op ‘n werklike wyse die vestiging van God se ryk oor elke ding, soos wat verwag was: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan die Here en Sy Gesalfde, en Hy sal as Konning heers…” Openb 11:15 (NAV).

Met hul poging om ‘n wêreldbeskouing daar te stel wat weier om die realiteit van die demoniese werklikheid daarby in te sluit, het sekere geleerdes in werklikheid fundamentele aspekte van kern Christelike waarhede verander – iets wat eenvoudig net nie eerlik of aanvaarbaar is nie.

Die waarheid is dat alle Christene in hul verlede geestelik dood was toe hul “gelewe het soos hierdie sondige wereld en (hul) laat lei deur die vors van die onsigbare bose magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.” Ef 2:1,2 (NAV). Dis waarom die Here Jesus sy dissipels geleer het om te bid: “…verlos ons van die Bose.” Matt 6:13 (OAV). As die demone dan nie ‘n werklikheid is nie, maak dit hier¬die gebed sinneloos, nie waar nie? Sou dit dan nie die Here Jesus bestempel as ‘n bedrieër nie? Hoe verstaan ons dan 1 Pet 5:8 wat sê: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” (OAV). Soek wie hy kan verslind?

Werklike bedreiging
Oor die algemeen is die meeste Christene bewus van die baie werklike bedreiging wat die demone vir hul inhou, ook in 2011. So werklik soos afgodery en afgeleide praktyke soos spiritisme, fortuinvertellery, astrologie en divinasie (waarsêery), so gevaarlik werklik is die risiko rondom demoniese beïn¬vloe¬ding as gevolg van blootstelling daaraan, volgens Paulus se waarskuwing: “Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens… Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.” 1 Kor 10:14-20 (OAV). Die Here het die dien van ander gode verbied om ons te beskerm.
Welbekend is die gedeelte: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Ef 6:12 (OAV). Selfs in die boek Handelinge vind ons ‘n insident waar Paulus ‘n waarsêende gees uit ‘n meisie moes dryf wat deur haar hanteerders vir geldelike gewin misbruik is. (Hand 16:16). Die terrein waarop hulle beweeg, is wyd verspreid. Selfs die voor¬werpe wat gebruik word in die afgodsdiens, sal probleme veroorsaak. Dit is waarom God se woord verklaar: “Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die Here jou God ‘n gruwel. En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ‘n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.” Deut 7:25,26 (OAV).

Oorwinning oor die bose
Die gebruik van die woord ‘φαρμακεια’ pharmakeia (Grieks: vertaal as “towery” in Gal 5:20 en Openb 9:21) impliseer dat kruiebehandeling vir medisinale doeleindes die mens ook blootstel aan demoniese beïnvloeding en gevolglik gebondenheid, aangesien dit voormalig deur die tradi¬sionele geneesheer en animistiese priesters binne die wêreld van die demoniese geeste beoefen is.

Die Bybel leer ons duidelik, nie net by wyse van enkele tekste hier en daar nie, maar deur die geheel van sy teologie: die werklikheid van die demone staan sentraal in die boodskap van Christus se oorwinning oor die magte van die duisternis en die oprigting van Sy koninkryk hier en nou.