Pylgifpaddas – Juweeltjies van die reënwoud

Die reënwoude van Sentraal- en Suid-Amerika is die tuiste van die helderkleurige “juweeltjies van die reënwoud”. Met hulle verstommende verskeidenheid patrone in die helderste primêre kleure denkbaar, versier die pylgifpaddatjies inderdaad die woud soos edelgesteentetjies (skaars 5 cm in grootte). Maar móénie aan hulle raak nie!

Tog getuig hierdie paddatjies ook van die Skepper se voorsienigheid en wysheid. Hulle het selfs gesondheidsvoordele vir die mens!

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Profetiese tendens wat ons wêreld in 2024 vorm

“Ons is bevoorreg om in ’n tyd te lewe wat nader aan die wederkoms van Jesus Christus is as enige vorige geslag in die wêreld se geskiedenis. Ons sien die tekens van die tye.

In hierdie artikel word die ses megatendense bespreek wat besig is om ons wêreld in 2024 te verander, van KI tot klimaatsverandering.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Hoe geestelik fiks is jy?

Drie dinge is duidelik die wil van God vir gelowiges: 1) Verbly julle altyd, 2) moenie ophou bid nie en 3) wees in alles dankbaar. Vir ons klink onmoontlik! Hoe kan ’n mens altyd bly wees? Hoe kan jy in alles dankbaar wees? Hoe op aarde bid jy aanhoudend?

Die geheim is dat dit iets is waarin jy jou moet oefen. Hoe meer jy oefen, hoe fikser raak jy om jouself deurentyd te herinner dat jou verlossing en vreugde in Jesus is. Maar hoe gemaak as jy geestelik onfiks is?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Jo Black – As jy val, weet Ek sal jou dra

Jo Black se ikoniese baard het onlangs weer gewaai vir iets wat hom na aan die hart lê – mans se geestesgesondheid. Dit is iets waaroor Jo self die masker afgehaal het toe hy in ’n YouTube-video ruiterlik erken het dat daardie donker, glibberige put van depressie nie vir hom onbekend is nie. Dat hy ook gespook het met “daardie” gedagtes wat geen man durf erken nie, wat nog te sê uitspreek. Dit is dié dat hy lirieke kan skryf soos: “As die donker kom en jou hart verdwaal, sal ek die stilte vir jou storm in die hemel gaan haal.”

Ons het met Jo gesels oor sy passie om manne te help, sy nuwe ondersteuningplatform wat hy spesifiek vir mans geskep het en sy onlangse betrokkenheid by die Mighty Men-konferensie in Mosselbaai.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!