Niks Kan Ons Skei Van Sy Liefde Nie

Die woordjie “niks” is ’n baie groot woord, in die opsig dat niks alles uitsluit, en as iets wel ingesluit is, dan is dit nie meer niks nie. Ha ha, dink ’n bietjie daaroor!

Wanneer ek hierdie artikel skryf is my gedagtes vol van mense wat deur die diepste moontlikste driwwe gaan, en dan sien ek hoe hulle geloof in die liefde van ons Here hulle juis daardeur dra eerder as wat dit afstand veroorsaak.

Paulus maak die sterkste moontlike uitspraak wanneer hy verklaar: Niks kan ons skei van die liefde van Christus nie! Skeiding in hierdie geval verwys na afstand tussen twee partye. So ons ontdek dus in hierdie gedeelte dat ons Skepper ons wil herinner dat daar geen afstand tussen ons en Hom is wanneer ons deur ons moeilikste tye gaan nie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.


Alles Wat Jy Moet Weet Oor Gebed: Deel Twee

In deel een van ons reeks het ons die versekering ondersoek dat God ons hoor wanneer ons bid, en ook na ’n paar algemene hindernisse gekyk wat ons gebedslewe kan beïnvloed. In hierdie uitgawe gaan ons voort om twee van die mees algemene bekommernisse onder gelowiges te ondersoek: Is dit Bybels om aanhoudend of herhalend te bid? En hoe moet ons reageer wanneer dit voel asof God stilbly?

Die Bybel bied ’n genuanseerde siening van herhalende gebed. Aan die een kant waarsku dit teen betekenislose herhaling, maar aan die ander kant moedig dit aanhoudende en opregte gebed aan – selfs al beteken dit om dieselfde versoek herhaaldelik aan God voor te lê…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.


Afrikaans Word 100 Jaar Oud

Afrikaans het ontstaan uit die mengelmoes rasse, tale en nasies wat aan die puntjie van Afrika in ’n kultuurpot saamgegooi is. Afrikaans se verhaal begin in 1652 met die aankoms van die Nederlanders aan die Kaap. Benewens daardie invloed was daar twee ander belangrike groepe wat ’n bydrae gelewer het: die slawe en die Khoi-Khoi. Afrikaans se wortels lê dus beide binne en buite Suid-Afrika.

Die Khoi-Khoi se sosiale stelsel is vernietig en ná die pokke-epidemie het baie van die Khoi-Khoi na die gebied naby die Oranjerivier uitgewyk. Die tipe Hollands wat hulle gepraat het, was bekend as Oranjerivier-Afrikaans. Oorblyfsels van die Khoi-Khoi-tale kan in moderne Afrikaans gevind word in woorde soos: abba, boegoe, dagga, kanna, karos en kierie, koedoe, kwagga, geitjie, kango, kamma, aitsa, arrie en eina…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.


’n Nuwe seisoen van gehoorsaamheid en genade – Teodor van der Spuy se verhaal

Teodor van der Spuy, seun van die geliefde Ds. Dirkie van der Spuy, staan nou self aan die stuur van Moreletapark Gemeente – nie net as ’n opvolger nie, maar as ’n leier met ’n vars roeping en diep afhanklikheid van die Here. In die jongste uitgawe van JUIG! Tydskrif deel Teodor eerlik oor die uitdagings van geestelike leierskap, die las van verantwoordelikheid, en die onwrikbare roeping om dissipels van Jesus te maak.

Met wysheid, nederigheid en ’n hart wat klop vir God se Kerk, gesels hy oor gebed as kern van elke besluit, die integrasie van besigheid en bediening, en die belangrikheid van geestelike mobilisering – veral onder die jong geslag. As man, pa en predikant leef hy nie net sy geloof op die kansel uit nie, maar ook in sy huwelik en ouerskap. Sy getuienis is een van vasberadenheid, eerlikheid en vertroue in God se werk oor geslagte heen.

Hierdie artikel is ’n moet-lees vir elkeen wat opnuut wil hoor hoe God mense gebruik om die Kerk te bou – nie net deur programme nie, maar deur lewens wat getuig van Sy liefde, waarheid en genade…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.