Desember 2015

JUIG! Desember 2015
Lees in hierdie uitgawe oor Homo naledi en die belangrike vrae rondom hierdie ontdekking. In aansluiting hierby is daar ook die artikel, 'Is die mens 'n vergeestelikte homonide?'. Daar is die aangrypende getuienis van Fanie Scanlen, ʼn polisieoffisier wat sewe keer tydens ʼn aanval gesteek is en in die hospitaal ʼn visioen van die Kruis gesien het. Lees ook ons lesers se mening oor die NG Kerk se sinodale besluit om gay huwelike en gay predikante in die kerk te erken. Ons voorbladartikel, 'Jesus Christus ̶ Wie is Hy?’ is ʼn interessante bespreking van die eensydige Jesus-figure wat gewildheid verwerf het in die kontemporêre Westerse Christelike kultuur: byvoorbeeld die ghoeroe-Jesus, die sosialistiese en polities-korrekte Jesus, die ‘He-man’-Jesus, die patriotiese Jesus, die dr. Phil-Jesus, die voorspoed-Jesus, die beste-vriend-Jesus en die wettiese Jesus.
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
• ʼn Seisoen Van Geloof: Angus Buchan
• Julle Mening Is...
• TWR Nuus Verkondig Hoop Aan Die Wêreld
• Midde-Ooste ̶ Geopende Deure
• ʼn Maria-Kersfees: Gerald Ferreira
• 40 Wonderwerke Van Jesus