In ons Vadersdag-uitgawe vier ons die rol van pa’s in ons lewens. Lees gerus die artikels: “Vaders in die Bybel”; “Josef, die aardse vader van Jesus”; “Magtige manne van moed” en “Pa’s, meer as net die broodwinner”.
Maak seker jy lees ons aktuele artikel oor die Kerk en die eindtyd: “Waarskuwingsligte flikker – Gevaar lê voor vir die moderne kerk”.
Daar is ons voorbladartikel met Charmaine en Rainer Boshoff se getuienis, ’n getuienis oor ’n geliefde troeteldier wat ’n slangpik oorleef danksy gebed en hoe die Alpha-kursus Bonga Hlongwane se lewenspad van dwelms en alkohol verander het na een van leierskap en sukses. Laat hierdie getuienisse jou bemoedig en aanspoor.
Daar is heerlike voorstelle vir vakansiebestemmings in die artikel, “Kampkaperjolle – 4 kindervriendelike kuskampe”.
Daar is weer iets vir ieder en elk in hierdie uitgawe wat 20 Mei op die rakke sal wees. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- “Raise A Hallelujah”: Neil Powell
- Blokkiesraai
- Soek Die Woord
- Waarskuwingsligte Flikker, Gevaar Lê Voor Vir Die Moderne Kerk
- God Is Altyd In Beheer – Harvesters Ministries
- Auschwitz-Oorlewend Vind Vertroosting, Liefde En Aanvaarding In ICEJ-Tehuis
- Hoe Gemaak As Jy By Die Vurk In Die Pad Aangekom Het: Stephan Joubert
- Help Jy Vrees Aanstook?
- Jessie: God Se Geskenk
- ’n Pa In Die Hemel: Nina Smit
- Vroue Van Geloof
- Hy Vul Jou Lewe Met Goeie Dinge: Rainer en Charmaine Boshoff
- Stem Jou Evangelisasie Ooreen Met Dié Van Handelinge?
- Herlewing Deur Te Getuig Oor Christus
- Vaders In Die Bybel
- Josef, Die Aardse Vader Van Jesus
- Die Bybel In ʼn Neutedop – 2 Petrus
- Karakters Van Die Bybel – Die Rower Aan Die Kruis
- Spreuke 5
- Magtige Manne Van Moed
- Pa’s, Meer As Net Die Broodwinner
- Woorde Van Wysheid
- Ontwikkel ’n Gees Van Uitnemendheid
- Christenskap In Die Werkplek
- FEBA Indië Herdefinieer Die Lewe Vir Vroue
- Kosbare Bybels Saai ‘Miljoene Saadjies’ In Suidoos-Asië – Barnabas Fund
- ’n Moeder Se Wonderbaarlike Genesing Bring Tiener Tot Geloof In Christus – Geopende Deure
- Dwelms, Alkohol en MIV – ’n ‘Gelooflike’ Reis Saam Met Jesus – Mergon
- ’n Opvolg #WuppertalOnthou – Radio Tygerberg 104fm
- GROOTfm 90.5 “Blikkies en Baadjies”-Winterprojek