God praat deur drome

Beste Erin, ek is diep geraak en geïnspireer deur jou redakteursbrief in die Februarie / Maart-uitgawe van JUIG!, waar jy vertel het van jou droom en hoe God jou duidelike leiding gegee het. Ek het ook al ’n droom gehad wat ’n dreigende en ernstige ongeluk verhoed het. Ek het ná Sy duidelike boodskap aan my, in verwondering en nederigheid voor God se onbeskryflike wysheid en liefdevolle sorg gestaan. Job 33:14-15: “God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. Hy praat met die mens in ’n droom, in ’n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed.” Baie dankie baie vir jou vriendelike glimlag, bemoedigende boodskappe en oulike hondjie, Midgey, met sy groot hart. Die Here seën en bewaar julle almal.

Marie Braam